Tony Curtis (gebore as Bernard Schwartz; 3 Junie 1925 – 29 September 2010) was ’n Amerikaanse akteur wie se loopbaan oor ses dekades gestrek het. Hy was in die 1950's en vroeë 1960's op sy gewildste. Hy was die pa van die aktrises Kelly Curtis en Jamie Lee Curtis.
Loopbaan duimnael|170px|links|Curtis tydens die ondertekening van sy 2008-boek American Prince.
Curtis se rolprentdebuut was in 1949 in Criss Cross (hy het nie op die naamrol erkenning vir sy spel gekry nie). In sy tweede prent, City Across the River (ook in 1949), het hy erkenning as "Anthony Curtis" gekry.City Across the River by IMDb Later, as "Tony Curtis", het hy gewild geraak in deurbraakrolle in prente soos Sweet Smell of Success (1957) en The Defiant Ones (1958), waarvoor hy vir ’n Oscar benoem is.
Hy was in beide drama- en komedierolle te sien en het een van die mees gesogte sterre in Hollywood geword. Sy komedies sluit in Some Like It Hot (1959), Sex and the Single Girl (1964) en The Great Race (1965). Onder sy dramas tel Spartacus (1960), saam met Kirk Douglas en Laurence Olivier en waarvoor hy vir ’n Golden Globe benoem is;"Full cast and crew for Spartacus". Internet Movie Database, Besoek op 30 September 2010 The Outsider (1961); Taras Bulba (1962), met Yul Brynner in die titelrol en Curtis as sy seun; en The Boston Strangler (1968), waarin hy die rol van die reeksmoordenaar Albert DeSalvo vertolk. Hy was ook deel van die akteurspan van Elia Kazan se 1976-drama The Last Tycoon.
Curtis was dikwels op televisie te sien. Hy het saam met Roger Moore gespeel in die reeks The Persuaders! en was ook te sien in die reekse McCoy en Vega$.
Hy het ook geskilder en het in die laaste jare van sy lewe op sy surrealistiese skilderye gekonsentreer.Private Screenings: Tony Curtis, Turner Classic Movies, 19 Januarie 1999. Hulle kan nou gesien word in ’n kunsgalery in Carmel, Kalifornië.
In Maart 2006 het Curtis die Sony Ericsson Empire-prys vir sy lewenslange bydrae ontvang. Hy het ook ’n ster op die Hollywood Walk of Fame en het in 1995 die Franse Orde van Kuns en Lettere ontvang.
Skrywer In Oktober 2008 is Curtis se outobiografie, American Prince: A Memoir, gepubliseer.Curtis, Tony; Golenbock, Peter. American Prince, Harmony Books (2008) . Hy beskryf daarin ontmoetings met ander Hollywood-sterre soos Frank Sinatra en James Dean, asook sy moeilike kinderlewe en pad na sukses.
Sy volgende boek, The Making of Some Like it Hot: My Memories of Marilyn Monroe and the Classic American Movie, het in 2009 verskyn.Curtis, Tony; Vieira, Mark A. The Making of Some Like it Hot: My Memories of Marilyn Monroe and the Classic American Movie, John Wiley and Sons (2009) Soos die titel aandui, skryf hy daarin hoofsaaklik oor sy herinneringe aan Marilyn Monroe en haar gedrag op die stel van Some Like it Hot.
Verwysings
Eksterne skakels Tonycurtis.com Remembering Tony Curtis Bronx News, 2012
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Geboortes in 1925 Kategorie:Sterftes in 2010 Kategorie:Amerikaanse aktiviste