Die Mini John Cooper Works WRC is 'n tydrenmotor van die Duitse vervaardiger MINI. Die John Cooper Works neem sedert die 2011-seisoen deel aan die Wêreldtydrenkampioenskap, en word voorberei deur die Engelse Prodrive Racing, wat voorheen sukses behaal het met die Subaru Impreza WRC.
Die WRC is gebaseer op die Mini Countryman en beskik oor 'n direkte-inspuiting 1.6 L turbo inlynviersilinderenjin.Auto Express September 2010 Die WRC-enjin is ontwikkel deur BMW Motorsport vir gebruik in 'n verskeidenheid van motorsportreekse, insluitende die FIA Wêreldtoermotorkampioenskap.Mini WRC webblad
Hul bestuurders in 2011 was Kris Meeke en Daniel Sordo, laasgenoemde het van die fabriekspan van Citroën aangesluit.
Trivia Tydens die Dakar-tydren van 2012 het daar ook 'n paar Mini Countrymans deelgeneem. Die motors is egter nie dieselfde as die Countryman WRC nie, en was ingeskryf en voorberei deur die Duitse X-Raid-span.
Sien ook Cooper Car Company Citroën DS3 WRC Ford Fiesta RS WRC Ford Focus RS WRC Hyundai i20 WRC Toyota Yaris WRC Volkswagen Polo R WRC
Verwysings
Mini