Lana Turner (gebore as Julia Jean Turner;Turner, Lana. Lana, The Lady, the Legend, the Truth, New York, Eltee Productions, 1982; Haar geboortenaam word dikwels verkeerdelik as Julia Jean Mildred Frances aangegee, maar sy sê in haar boek: "...there it is on my birth certificate Julia Jean Turner, born in Wallace, Idaho, February 8, 1921." 8 Februarie 1921 – 29 Junie 1995) was ’n Amerikaanse aktrise. Sy is in 1937 deur ’n verslaggewer ontdek terwyl sy ’n koeldrank by ’n roomyseetplek gedrink het en het op 16-jarige ouderdom ’n kontrak met Metro-Goldwyn-Mayer onderteken.

Loopbaan duimnael|links|180px|Saam met Clark Gable in Honky Tonk (1941).

Sy het eerste aandag getrek in They Won't Forget (1937). In die vroeë 1940's het sy hoofrolle vertolk in prente soos Johnny Eager (1941), Honky Tonk (1941), Ziegfeld Girl (1941) en Somewhere I'll Find You (1942). Sy het in 1941 in die gruprent Dr. Jekyll and Mr. Hyde verskyn, en haar reputasie as ’n femme fatale is aangevuur deur haar rol in die film noir The Postman Always Rings Twice (1946). Sy was deur die 1950's gewild en te sien in prente soos The Bad and the Beautiful (1952) en Peyton Place (1957), waarvoor sy vir ’n Oscar vir beste aktrise benoem is.

Omstredenheid het Turner in 1958 omhul toe haar dogter, Cheryl Crane, Turner se minnaar Johnny Stompanato in hul huis in Beverly Hills doodsteek; in ’n nadoodse ondersoek is bevind Crane het uit selfverdediging opgetree.

Haar volgende prent, Imitation of Life (1959) was die suksesvolste fliek van haar loopbaan, maar van die vroeë 1960's af was sy in minder prente te sien. Sy was tydens die grootste deel van die 1970's en vroeë 1980's semi-afgetree en het net af en toe gewerk. In 1982 was sy in ’n gasrol in die televisiereeks Falcon Crest te sien – dit het daartoe gelei dat die reeks sy grootste kykerstal ooit gehad het. Haar laaste rolprentverskyning was in 1985, en in 1995 is sy op 74-jarige ouderdom aan keelkanker oorlede.

Verwysings

Eksterne skakels Lana Turner: Life and Legend

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geboortes in 1921 Kategorie:Sterftes in 1995 Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu