James David Graham Niven (1 Maart 1910 – 29 Julie 1983) was ’n Britse akteur en romanskrywer. Hy het die Oscar vir beste akteur gewen vir sy spel in Separate Tables (1958).
Loopbaan duimnael|links|160px|Niven in die 1948-prent Enchantment.
Niven was in die militêre kollege in Sandhurst, Brittanje, voordat hy by die Britse leër aangesluit en ’n tweede luitenant geword het. Hy het in toneelspel begin belangstel, die leër verlaat en Hollywood toe verhuis. Hy het tussen 1933 en 1935 verskeie klein rolle gehad. In Mutiny on the Bounty, waarin hy nie ’n praatrol gehad het nie, het hy die aandag getrek van Samuel Goldwyn.
Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het Niven na Brittanje teruggekeer en weer by die leër aangesluit. Hierna het hy weer begin toneelspeel en hy is in 1945 in ’n opname gekies as die tweede gewildste Britse akteur. Hy was te sien in A Matter of Life and Death (1946), The Bishop's Wife (1947) en Enchantment (1948), wat almal goed ontvang is. In die 1950's was hy in The Elusive Pimpernel (1950), The Toast of New Orleans (1950), Happy Go Lovely (1951), Happy Ever After (1954) en Carrington V.C. (1955) voordat hy groot sukses behaal het in Around the World in 80 Days (1956).
Niven was in amper 100 prente, onder meer The Pink Panther (1963), en talle televisieprogramme. Hy het ook begin skryf en het taamlike sukses as skrywer behaal. In 1982 was hy in Blake Edwards se laaste Pink Panther-flieks, Trail of the Pink Panther en Curse of the Pink Panther.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Britse akteurs Kategorie:Geboortes in 1910 Kategorie:Sterftes in 1983 Kategorie:Engelse manlike akteurs van die 20ste eeu