Fosgeen is 'n chemiese verbinding met formule . Dit is die suurchloried van koolsuur.

Eienskappe Dié gas is baie giftig en is in die Eerste Wêreldoorlog as chemiese wapen gebruik. Dit word egter ook in die chemiese nywerheid gebruik as grondstof vir die vervaardiging van ander chemiese stowwe, soos metielisosianaat.

Geskiedenis In 1802 het Cruickshank 'n mengsel van gelyke hoeveelhede koolstofmonoksied en chloorgas in 'n omgekeerde glasfles bo water 'n dag laat reageer. Die volume het gehalveer en die produk het met kalkwater reageer. Cruiskshank het dit nie as fosgeen onderken nie, maar dit het seker gevorm. Later het Murray probeer dit te herhaal, maar dit is John Davy wat in 1811 verklaar het dat dit 'n nuwe gas is. Hy het dit laat reageer met sinc, antimoon, arseen en kalium en het opgemerk dat dit met water vinnig ontbind. Hy het die nuwe gas fosgeen genoem, na die Grieks φως (lig) en γινομαι (vervaardig) omrede hy dit net met lig het kan vervaardig. Schützenberger vind later 'n katalis wat die sintese makliker maak.Phosgene: And Related Carbonyl Halides Deel 24 van Topics in Inorganic and General Chemistry , Elsevier, 1996, ,

Vervaardiging Fosgeen kan ontstaan indien gechlorineerde koolwaterstowwe soos , of bo 400 °C met suurstof reageer.

Die industriële vervaardiging gebeur gewoonlik vanuit koolmonoksied en chloor oor 'n katalis van aktiewe koolstof.

Die reaksie kan baie hitte vrystel en dié hitte moet afgevoer word om te verhoed dat die fosgeen ontbind. Die gas word in staalsilinders gestoor. Oplossings van bytsoda word gebruik om uitstoot van die gas teen te gaan. Bytsoda vernietig fosgeen volgens:

Verwysings

Kategorie:Chemiese wapens Kategorie:Organiese verbindings