Uzair Cassiem (* 17 Maart 1990, Strand) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat in die Superrugbyreeks vir die Cheetahs, en in die Curriebeker vir die Vrystaat Cheetahs as losvoorspeler speel.

Cassiem het, voordat hy by die Vrystaat Cheetahs aangesluit het, vir die Goue Leeus, Valke en Pumas gespeel.

In 2013 is hy by ’n Suid-Afrikaanse Presidente-XV ingesluit wat aan die 2013 Tbilisibeker van die IRR deelgeneem het; die span het die toernooi gewen en het al hul wedstryde gewen. Cassiem het twee drieë gedruk en was saam met twee ander spelers die topdriedrukker van die toernooi.

Hy was ’n lid van die Pumas-span wat in 2015 vir die eerste keer die Vodacombeker gewen het toe hulle die Westelike Provinsie met 24–7 in die eindstryd geklop het. Cassiem het in al tien wedstryde van daardie seisoen gespeel.

Ten spyte daarvan dat Cassiem voor die aanvang van die 2016-seisoen ’n kontrak met die Griekwas geteken het, is hy by die Cheetahs se oefengroep ingesluit en is later aangekondig dat hy vir die duur van die 2016-seisoen in Bloemfontein sou wees.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1990 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Alumni van Hoërskool Strand