Yellowwood Park is 'n voorstad van Durban, oos van Chatsworth en suid van die Kenneth Stainbank-natuurreservaat. Die voorstad is aangelê op grond wat behoort het aan die Stainbank-familie waarop geelhoutbome gegroei het, en is ná die bome genoem.
Vir sensusdoeleindes beslaan die buurt 2,48 km². In 2011 was die bevolking 5 216, van wie 40% Blankes was en 38% Swart. Engels is die grootste huistaal met amper 59% en Zoeloe die naasgrootste (28,4%). Afrikaans was vierde met 6,1%.
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Durban