Umbilo is 'n voorstad van Durban. Die naam is ontleen aan die Umbilorivier wat deur Pinetown en Queensburgh na die Umbilokanaal loop en van daar Natalbaai by Bayhead binnestroom. Die naam, wat ook as Mbilo geskryf word, is van Zoeloe-oorsprong en beteken "kokend" of "borrelend".
Sien ook Umbilo (kiesafdeling)
Verwysings
Bron Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers. * Nota: Die naam Mbilo word nie in hierdie werk verklaar nie, dit verskaf net 'n kruisverwysing na Umbilo, wat ook onverklaar is.
Kategorie:Voorstede van Durban