Sea View is 'n voorstad van Durban, KwaZulu-Natal, 8 km suidwes van die stadsaal, suid van Rossburgh, suidoos van Bellair en noordoos van Clairwoord. Die naam is blykbaar afgelei daarvan dat dit die eerste plek was waarvandaan 'n reisiger uit die binneland na Port Natal die see kon sien. 'n Kusoord 18 km wes van Skoenmakerskop het dieselfde naam, in welke geval die naam ook verwys na 'n uitsig op die see.
Vir sensusdoeleindes beslaan Sea View 3,26 km². In 2011 was die voorstad se bevolking 6 972, van wie 56% swart, 27,4% wit en 12,4% Indies was. Amper 43% van die inwoners se huistaal was Engels en 32,2% s'n Zoeloe. Afrikaans was die derde grootste huistaal (10%). Die 2011-sensusfyfers weergegee deur AdrianFrith.com. URL besoek op 8 Maart 2016.
Sien ook Gereformeerde kerk Durban-Wes
Bron Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Durban