Queensburgh is 'n stadsdeel ("borough") 14 km noordwes van Durban in KwaZulu-Natal. Dit bestaan uit die buurte Cavendish, Escombe, Malvern, Moseley en Northdene.

Queensburgh is in 1952 geproklameer as "township" en het in 1954 "borough"-status verwerf. Dis so genoem ter ere van koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk, wat in 1952 gekroon is.

Vir sensusdoeleindes beslaan Queensburgh 22,88 km². In 2011 was die bevolking 54 846, van wie amper 54% Indiërs was, 23,8% swart en 20,2% wit. Amper 70% van die inwoners se huistaal was Engels, 14,3% s'n Zoeloe en 7,5% Afrikaans.

Verwysings

Kategorie:Voorstede van Durban