Pieter Willem Grobbelaar (25 Desember 1930, Bloemfontein – 19 Januarie 2013, Worcester) was 'n Afrikaanse skrywer.Lizmar Boeke: http://www.lizmarboeke.co.za/Skrywers/Pieter-W-Grobbelaar/pieter-w-grobbelaar.html Hy verwerf meestal bekendheid vir sy kinder- en jeugverhale, maar lewer ook werke vir volwassenes.

Lewe en werk

Herkoms en vroeë lewe Pieter Willem Grobbelaar is in 1930 in Bloemfontein gebore. Hy ontvang sy laerskoolopleiding tot standerd ses aan die Laerskool De Brug naby Bloemfontein en gaan dan na die Hoërskool Rouxville vir standerds sewe en agt. In 1947 matrikuleer hy aan die Sentraal Hoërskool in Bloemfontein. Sy verdere studies is aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat,Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Grobbelaar,_Pieter_Willem waar hy die B.A.-graad en baie later in 1974 die M.A.-graad in Wysbegeerte behaal. Vir 'n ruk gee hy onderwys. Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Burger en sit dit voort by Die Volksblad in Bloemfontein. Hierna word hy in 1956 omroeper-regisseur by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) in Johannesburg en Kaapstad, waar hy onder andere jeugprogramme soos By die boekrak en Skrywers van die toekoms behartig. Dan word hy in 1961 uitgewersredakteur by Tafelberg Uitgewers.

Hy is op 28 Februarie 1953 getroud met sy skoolvriendin Cornelia Joubert van Senekal en die egpaar het vier kinders, Erika, Johannes, Marina en Francois.

Loopbaan en verdere studie Sedert 1962 woon hy op die wyn- en vrugteplaas Uitkyk naby Franschhoek in die KaapBotha, Danie. Pieter W. Grobbelaar. Die Kaapse Bibliotekaris, Volume 33 no. 4 April 1989. en boer eers voltyds totdat hy vanaf 1970 dosent is in Afrikaanse Kultuur- en Volkskunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Hier behaal hy in 1981 die D.Phil.-graad met 'n proefskrif oor Die volksvertelling as kultuuruiting met besondere verwysing na Afrikaans. Sedert 1982 is hy departementshoof en vanaf 1984 professor in die Departement van Afrikaanse KultuurNB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/authors/2972 aan die Universiteit van Stellenbosch.Stellenbosch Writers: http://www.stellenboschwriters.com/grobbelaar.html Aan die einde van 1995 tree hy af. In hierdie tyd is sy vernaamste belangstelling die opspoor van ou Afrikaanse verhale en liedjies, waarvoor hy die land deurkruis om dit te vind en te dokumenteer. Sy nalatenskap in hierdie verband is 'n ryk kultuurhistoriese erfenis.

Hy was redakteur van 'n standaardreeks oor die Afrikaanse kultuur, naamlik Die Afrikaner en sy kultuur en aanbieder van die weeklikse radioprogram Ons erfenis wat ook oor die Afrikaanse volkskultuur handel. Saam met Randall Wicomb, bekende Afrikaanse sanger, was hy ook aanbieder van die radioprogram Die volk as digter, waarin hulle ou Afrikaanse liedjies aan die luisteraars bekendstel. Wicomb speel die liedjie en Grobbelaar vertel die agtergrond daarvan, waar hy dit opgespoor het, waaroor dit gaan en wat dit beteken. Later kry hulle soortgelyke televisieprogramme by, soos Daar staan 'n blom.

Persoonlike lewe Sy vrou is in Desember 2012 in hulle huis in Wellington dood en op Saterdag 19 Januarie 2013Kakkerlak: http://kakkerlak.co.za/skrywersprofiele/grobbelaar-pieter-w/ is hy in 'n ouetehuis in Worcester oorlede.Brits, Elsabé. 'n Lewe: Jakkals en Wolf se skepper sterf. Beeld, 21 Januarie 2013.

Skryfwerk

Werke vir volwassenes Sy eerste kortverhaal verskyn in Julie 1954 in Die Huisgenoot. Aanvanklik publiseer hy 'n paar kortverhale in tydskrifte, waarna hy vir 'n ruk uitsluitlik vir die radio kortverhale, vervolgverhale, hoorbeelde en hoorspele skryf. Hierna spits hy hom feitlik uitsluitlik toe op volksvertellings en ander verhale vir die jeug, terwyl hy ook gedigte vir hierdie mark en 'n meer volwasse gehoor skryf.

Digkuns Sy eerste digbundel is Onder die skedelvlag, waarin hy 'n soort singvers skryf in klaarblyklike teenstelling met die spreektaalverse van hierdie tyd. Hy verklaar dan ook in Digter dat “ek moet sing, nie praat”. Aan die einde van sommige gedigte sluit hy “ 'n storie met lesse” in, soos by Ruk-en-roller.

Klawerjas se gedigte het 'n volkse inslag wat herinner aan die verse van Boerneef.

Hessie Kwedet Grové, A.P. Beeld, 6 Mei 2002.Kombuis, Koos. Rapport, 19 Mei 2002. is 'n versameling volksryme wat onder die hoofde Daggaryme, Dopryme en Dryfryme versamel word.

Versamelbundels Van sy gedigte word in verskeie versamelbundels opgeneem, insluitende Groot verseboek, Die Afrikaanse poësie in 'n duisend en enkele gedigte, Goudaar, Die dye trek die dye aan en Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte. Die rooi lappieskombersGrové, A.P. Beeld, 14 Julie 1997.Hambidge, Joan. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 35 no. 4 en Jaargang 36 no. 1, November 1997/Februarie 1998 is 'n versameling van volkskwatryne opgeteken uit die volksmond, wat volgens tema in 29 afdelings verdeel word. Stories op rym en Die tweede gerf Loots, Sonja. Rapport, 19 Oktober 2003.Wybenga, Gretel. Beeld, 19 Januarie 2004. is beide versamelings van verhalende verse in Afrikaans, hoofsaaklik uit die ouer digters. In Kommandeer! bundel hy volksang uit die tyd van die Anglo-Boereoorlog.

Monografieë en kortverhale Vir volwassenes skryf hy ook akademiese monografieë en kortverhale. Skrywers in beeld: C. Louis Leipoldt Muller, H.C.T. Beeld, 2 Junie 1980. word deur hom versorg, waar hy deur middel van foto’s en verklarende aantekeninge hierdie digter en dramaturg se lewe en werk belig. As redakteur stel hy die boek Die Vrystaat en sy mense Kruger, J. Die Transvaler, 11 Mei 1981. saam, waarin die Vrystaat se geskiedenis, mense en kultuur deur verskillende skrywers beskryf word. Waar die volk skep is 'n samestelling van Abel Coetzee se rubriek oor volkskultuurgoed uit die Brandwag, wat hy in boekvorm bestendig. Hy is ook redakteur van die reeks Die Afrikaner en sy kultuur. In Volkslewe van die Afrikaner P.G.N. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 15 no. 2, Junie 1975 gee hy 'n uiteensetting van die Afrikaanse volkskunde in vier afdelings: Die baanbrekers, Die eerste bloei, Die Genootskappers en Die nuwe bedeling. Hy bespreek aspekte soos volkstaal, geloof, wetenskap, lewensvorms, woningbou, volksbedrywe, kleredrag en handwerkkuns as alles voorbeelde van stoflike kultuur.

Poorters Brink, André P. Rapport, 9 September 1984.Van Zyl, Ia. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 23 no. 2, Mei 1985. is 'n bundel met verhale oor die Vrystaat se mense wat uit sy eie pen kom. Hierin vertel hy, op 'n wyse wat aan Herman Charles Bosman se tegniek herinner, van die mense van De Poort, 'n stasiegemeenskap in die Wes-Vrystaat. 'n Swakheid van die vlees word deur Abraham H. de Vries in Die Afrikaanse kortverhaalboek opgeneem. Dit is 'n humoristiese variasie op die “hensopper”-tema vanuit die Anglo-Boereoorlog. Oom Schalkie word hierin deur sy makkers aangespoor om te gaan “hensop” (“vir ons Republiek”) as gevolg van die maagprobleme wat hy ondervind waarvoor geen kruierate werk nie en wat hulle kommando die bron van talle grappe van die ander Boere maak.

Die alsiende oog Van Zyl, Ia. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 25 no. 4, November 1987. bevat nog verhale oor die mense van De Poort, met as verteller van die meeste verhale Wim, seun van die destydse skoolhoof Diem Verwerker. Die titel verwys na die afbeelding van die alsiende oog van God wat talle huise in die verlede tradisioneel versier het, met die implikasie dat niks sy aandag ontgaan nie, selfs al is hy onbetrokke. Kinders van die waterslang, wat deur Abraham H. de Vries in Uit die kontreie vandaan opgeneem word, is spesifiek vir hierdie publikasie geskryf. Ander versamelbundels waarin sy werk opgeneem word, sluit in Kleinbegin in die prosa en Vertellers.

Werke vir kinders en die jeug Hy groepeer self sy werke vir kinders en die jeug as Afrikaanse sprokies, Afrikaanse kampvuurstories, Afrikaanse heldeverhale, Afrikaanse volksvertellings, volksrympies, verwerkings van ander lande se volksverhale, werke gebaseer op die volksrympie, kultuurhistoriese romans vir die jeug, rymbundels, kinderboeke, berymings vir kinders, oorspronklike prenteboeke en ander. Onder laasgenoemde tel Die groot nuwe Kinderbybel en die bundel kortverhale vir die jeug, Knapsak, wat hy saam met sy oom, J.J.G. Grobbelaar, versamel.

Samesteller en versamelaar As samesteller en versamelaar doen hy waardevolle werk deur veral kinder- en jeugverse en -stories in bundels saam te stel en so te sorg dat dit vir opeenvolgende geslagte behoue bly. Trompettertjie is versies vir 4-6 jariges, Wieliewalie is gemik op 6-8 jariges en Mallemeule bevat verse vir 8-10 jariges. Volksrymelaars soos C.W. Joubert, G.A. Hahnekom, Willem Versfeld, W.H. Boshoff en F.W. Reitz se werk word naas van sy eie versies en gediggies van digters soos A.G. Visser, Pirow Bekker, Ronnie Belcher, Tienie Holloway en Helena J.F. Lochner in hierdie versamelings opgeneem. Met Straatryme Kannemeyer, J.C. Insig, Maart 1994. bundel hy versies wat nie tot die tradisionele volksrympies behoort nie, maar met hierdie rympies dikwels as bron deur hoofsaaklik tieners omvorm word tot 'n stouter en blatanter weergawe. Turkse tapyt Steenberg, Elsabe. Tydskrif vir Letterkunde. Nuwe reeks 18 no. 1, Februarie 1980. en Hopla Hans bevat oorspronklike stories en kinderverse. Van sy kinderverse word opgeneem in Nuwe klein verseboek. Hy doen ook tientalle vertalings, terwyl van sy eie werk ook in Engels vertaal word.

Sprokies Hy verwerk vele sprokies in Afrikaans en skryf self 'n aantal oorspronklike Afrikaanse sprokies. Verhale oor Uilspieël (Die vermaaklike lewe van Tyl Uilspieël, Uiltjie, uiltjie in die spieël), die Swape (Die Swaaplanders, Die avonture van die sewe swape) en Dom-Jan en Slim-Jan (onder andere in Eendag was daar 'n Domjan) kom wyd verspreid in sy oeuvre voor, in die gemelde en ook ander bundels. Die mense is bang vir Petrus Alsander is 'n soort Afrikaanse Uilspieël, terwyl Die hoë land 'n Afrikaanse variasie is van Jan en die boontjierank. Die troue in die poppekas Wiehahn, Rialette. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 15 no. 3, September 1975. is 'n fantasieverhaal waarin die marionette vermenslik word. Die mooi danseressie Anjenette en die soldaat Joors is verlief op mekaar. Die Groot Rot besoek egter die poppekas en saai verwoesting onder die marionette, maar die twee verliefdes word tog eindelik met mekaar herenig.

Hy bundel ook Afrikaanse sprokies in Die mooiste Afrikaanse sprokies, Klaas Luiaard, Hasie Musikant, Die dief in die nag, Die lui skoenmaker, Ou Waarsêer, Vlerkvoet, Lanterntjie brand, Ouvrou Rooimus, Die rob-vrou en ander bundels.

Diereverhale Diereverhale oor Jakkals en Wolf soos Wolf en Jakkals in die lang pad en Jakkalsdraf en Wolwedans, asook ander diereverhale (Klaas Naald-hulle en Doer in Dierlandy) is ook volop. In Koning Leeu se verjaarsdag Wiehahn, Rialette. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 15 no. 1, April 1975. kry ons uitlegte oor verskeie diere se eienskappe, soos byvoorbeeld waarom Krokodil se bek so wyd is, hoe Leeu 'n wilde snorbaard gekry het en hoe die eerste Seekoei ontstaan het. n Koning genaamd Leeu bevat Afrikaanse oustories oor diere. In 2012 is Jakkals en Wolf op die kortlys vir die toekenning van die M.E.R.-prys vir die beste geïllustreerde kinderboek.

Sy kampvuurstories is van uiteenlopende aard en word gebundel in onder meer Die laaste leeu van die Karoo, '''n Man genaamd Mot, Slang! Slang!, Die twee broers en Die vurige wa. Hierdie bundels bevat dierverhale, jagverhale, spookstories en historiese vertellings, waar die klem grotendeels op die storie val.