Joelia Timosjenko (Oekraïns: Юлія Володимирівна Тимошенко, gebore 27 November 1960) is 'n Oekraïnse politikus. Sy is die leier van die Joelia Timosjenko-groep politieke party, en die voormalige eerste minister van Oekraïne. Sy het vir twee termyne gedien. Haar eerste ampstermyn was van 24 Januarie tot 8 September 2005, sy is op 18 Desember 2007 herkies, maar op 3 Maart 2010 is sy deur die Oekraïnse parlement van haar posisie verwyder.
Kategorie:Oekraïense politici Kategorie:Premiers Kategorie:Geboortes in 1960 Kategorie:Lewende mense