duimnael|links|300px|Die kerk op Soutpansdrift.
duimnael|regs|330px|Die Gereformeerde kerk Krokodilrivier se kerkgebou op Soutpansdrift.
duimnael|links|160px|Ds. E.L.J. Venter, van 1918 tot 1920 die eerste leraar.
duimnael|regs|270px|Ds. L.P. Vorster lê die hoeksteen van die kerk in 1927 in die tyd toe hy predikant van Krugersdorp was, sy laaste gemeente.
duimnael|links|160px|Ds. P.G.W. Snyman, leraar van 1931 tot 1944, toe hy in 1929 'n Potchefstroomse student was.
duimnael|regs|320px|Die kerkraad neem afskeid van ds. Pieter Snyman, 1944. Hy sit derde van regs.
duimnael|regs|160px|Prof. W.J. Snyman, leraar van 1944 tot 1946.
duimnael|regs|160px|Dr. Stephanus Johannes van der Walt, leraar van 1952 tot 1961.
duimnael|regs|160px|Ds. P.C. Snyman, leraar van 1960 tot 1967.
duimnael|regs|160px|Ds. P.G.W. du Plessis, die leraar van 1961 tot 1975.
duimnael|regs|160px|Ds. G.H. Buys, leraar van 1975 tot 1993, sy laaste gemeente.
duimnael|regs|170px|Oudl. sen. J.A. (Rooijan) du Plessis het die hoeksteen met die kerk se ingebruikneming op Saterdag 14 Januarie 1928 onthul.
Die Gereformeerde kerk Krokodilrivier is die oudste van die sewe gemeentes in die gelyknamige Klassis van die GKSA. Vandat die Gereformeerde kerk Beestekraal in 2002 deel van Krokodilrivier geword het, hou die gemeente eredienste op sowel sy eie kerksentrum, Soutpansdrift (sowat 10 km noordwes van die dorp Brits), as Beestekraal, albei in die distrik Brits.
Stigting ’n Vergadering van die kommissie van afgevaardigdes van die kerkrade van Rustenburg en Pretoria is op 20 Oktober 1911 gehou met die doel om die Gereformeerde kerk Krokodilrivier te stig. Al die lidmate van die wyke Zoutpansdrift en Beestekraal, behorende tot Rustenburg, en Roodekopjes, behorende tot Pretoria, is as lidmate van die nuwe gemeente ingeskryf.
Kerkbou Op die eerste kerkraadsvergadering gehou op 28 Oktober daardie jaar is ’n boukommissie aangewys met opdrag om ’n netjies gebou op te rig. Hierdie sinkgebou ten weste van die huidige kerk het dan ook spoedig verrys. Die kerkraad het besluit die ouderlinge moes elke Sondag ’n leesdiens in dié kerkgebou hou. Op 20 Julie 1923 het Jan Adriaan en Jacobus Christoffel du Plessis 10 morg grond aan Krokodilrivier geskenk en op 9 Januarie 1926 het die boukommissie opdrag gekry om die bouplan vir ’n nuwe kerkgebou gereed te hê.
Eers het die kerkraad die broeders Hangelbroek se plan aanvaar, maar op die volgende vergadering het sommige lede swaar daarteen gemaak. Die kommissie het toe opdrag gekry om ’n ander plan te bekom. Die notules vermeld nie wie die argitek was nie, maar in 1944 het die boukommissie opdrag gekry om Gerard Moerdyk te nader oor beter ventilering vir die kerkgebou. Dit kan moontlik aansprake bevestig dat Moerdyk die kerk ontwerp het. Ook toon die ontwerp ’n sterk ooreenkoms met van sy ander kerke, byvoorbeeld dié van die NG gemeente Dundee, wat Moerdyk omstreeks 1920 saam met Wynand Louw ontwerp het.
Die nuwe kerkgebou is op Saterdag 14 Januarie 1928 in gebruik geneem en die hoeksteen deur oudl. sen. J.A. (Rooijan) du Plessis onthul. Die kerk is in ’n kruisvorm ontwerp met ’n moederskamer en konsistorie agter die preekstoel wat die bopunt van die kruis vorm. In 1956 is ’n afsonderlike moederskamer en ablusiegeriewe aangebou en eers op 19 Oktober 1977 is die pyporrel in gebruik geneem. In 1981 is die kerksaal voltooi en in 1990 die kantoor. In 2000 is katkisasielokale voltooi. In 2011 is ’n kloktoring opgerig ter viering van die gemeente se 100-jarige bestaan.
Beestekraal ingelyf Die Gereformeerde kerk Beestekraal, wat 7 September 1957 van Krokodilrivier afgestig het, het in 2002 weer deel daarvan geword. Solank Krokodilrivier se lidmaattal dit toegelaat het, het die gemeente meerdere bediening gehad sodat elke predikant op ’n Sondag kans gekry het om ’n erediens in die een van die kerke te lei. Vanaf 2018 het die gemeente weer twee leraars gehad wat om 08:00 op Beestekraal preek en om 10:00 op Soutpansdrift.
Predikante Venter, dr. Ernst Lodewyk Johannes, 1918 – 1920 Snyman, Pieter Gert Wessel, 1931 – 1944 Snyman, dr. Willem Jacobus, 1944 – 1946 Van Rooy, Jacobus, 1946 – 1950 Van der Walt, dr. Stephanus Johannes, 1952 – 1961 Snyman, Philippus Christoffel, 1960 – 1967 Du Plessis, Pieter Gert Wessel, 1961 – 1975 Buys, Gert Hendrikus, 1975 – 1993 (aanvaar sy emeritaat) Du Plessis, Hendrik Johannes Marthinus, 1990 – 1998 (sendeling) Aucamp, Jan Christoffel, 1994 – 2005 Grové, Petrus Johannes, 2004 – 2010 De Kock, dr. Daniël Jacobus, 2005 – 2019 Venter, G.A. (Regardt), 2018 – hede
Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Sien ook Gereformeerde kerk Matlabas
Eksterne skakels Die ingang na die kerkperseel soos te sien op Google Maps. Ongelukkig is die kerk nie sigbaar van hier af nie. URL besoek op 22 Januarie 2016. Die gemeente se webtuiste. URL besoek op 22 Januarie 2016.
Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika