Mickey Muis is een van die oudste figuurtjies uit die strokiesprente van Walt Disney. Mickey is 'n vermenslikte muis wat gewoonlik 'n rooi kortbroek, groot geel skoene en wit handskoene dra. Hy is een van die herkenbaarste fiktiewe karakters ter wêreld.
Mickey verskyn gewoonlik saam met onder andere sy meisie, Minnie Muis, sy hond, Pluto, sy vriende Donald Duck en Goofy, en sy nemesis, Pete.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Fiktiewe karakters Kategorie:Geboortes in 1928 Kategorie:Strokiesverhale