Hierdie artikel handel oor die etniese groep in Suider-Afrika. Vir die taalfamilie, sien Khoisan-tale.
Khoisan is 'n saambindende naam vir twee etniese groepe wat in Suider-Afrika leef, naamlik die Khoikhoi en die San. Hulle deel fisiese en vermeende taalkundige eienskappe apart van die Bantoe-meerderheid van die streek. Barnard, Alan (1992) Hunters and Herders of Southern Africa: A Comparative Ethnography of the Khoisan Peoples. New York; Cambridge: Cambridge University Press, 1992. Kultureel word die Khoisan verdeel in die kossoekende San of Boesman, en die Khoi, of meer spesifiek Khoikhoi, vroeër bekend as "Hottentote", wat vee mak maak. Hulle praat veral Khoisan-tale wat bekend is vir hul klikgeluide, maar intussen is Afrikaans die belangrikste taal van die Khoisan.
Die San het die inheemse bevolking van Suider-Afrika gevorm, voordat die Bantoevolke uit Sentraal- en Oos-Afrika ná die suide migreer en hul streek bereik het, wat daartoe gelei het dat die Bantoe-bevolking die Khoisan-bevolking verplaas en die oorheersende bevolking van Suider-Afrika geword het. Oor die tyd het sommige Khoi die mak maak van vee opgegee en die jagter-versamelaar-ekonomie van die San aanvaar, waarskynlik as gevolg van 'n droë klimaat, en word nou as San beskou. Eweneens het die Bantoegroep van die Damaras wat ná die suide migreer het later landbou opgegee en die Khoi se ekonomie aanvaar. Groot Khoisan-bevolkings bly in verskeie droë gebiede in die streek, veral in die Kalahari-woestyn. Die Khoisan is volgens genetiese studies die oudste nog bestaande menslike groep. Carina M. Schlebusch et al.: Genomic Variation in Seven Khoe-San Groups Reveals Adaptation and Complex African History. In : Science. Online-Vorabveröffentlichung vom 20. September 2012, doi:0.1126/science.1227721
Fotogalery
Verwysings
Verdere leeswerk Barnard, Alan (2004) Mutual Aid and the Foraging Mode of Thought: Re-reading Kropotkin on the Khoisan. Social Evolution & History 3/1: 3–21 Greeff, Rachelle: Die leefwyse van ons Vroeë Mense. Stellenbosch: Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, 2025. ISBN 978-0-6398747-9-1 Smith, Andrew; Malherbe, Candy; Guenther, Mat and Berens, Penny (2000), Bushmen of Southern Africa: Foraging Society in Transition. Athens: Ohio University Press.
Eksterne skakels
Die Khoisan Tuis van die Suider-Afrikaanse San
Kategorie:Etniese groepe in Angola Kategorie:Etniese groepe in Botswana Kategorie:Etniese groepe in Namibië Kategorie:Etniese groepe in Suid-Afrika Kategorie:Inheemse volke van Suider-Afrika