Quentin Jerome Tarantino (geb. 27 Maart 1963) is ’n Amerikaanse rolprentvervaardiger en akteur. Sy prente word gekenmerk deur nielineêre storielyne, satiriese onderwerpe, ’n estetisering van geweld en verwysings na die popkultuur.
Vroeë lewe Tarantino is in Knoxville, Tennessee, gebore as die seun van Tony Tarantino, ’n vermaakkunstenaar en akteur, en Connie McHugh. Sy pa was van Italiaanse afkoms en sy ma Engels en Iers. Quentin is genoem na Quint Asper, Burt Reynolds se karakter in die CBS-reeks Gunsmoke.
Sy ouers se huwelik het nie lank geduur nie en Connie Tarantino het verhuis na Knoxville, waar haar ouers gewoon het. In 1966 het sy saam met haar driejarige seun teruggetrek na Los Angeles, waar Tarantino grootgeword het.
In 1973 het Tarantino vir sowat ’n jaar by sy oupa en ouma gaan woon, en daarna het hy na Kalifornië teruggekeer. Op 14 het hy een van sy eerste werke, ’n draaiboek met die naam Captain Peachfuzz and the Anchovy Bandit, geskryf. Hierna het hy in toneelstukke soos Two Plus Two Makes Sex en Romeo and Juliet gespeel.
Op 15 of 16 het hy die skool verlaat en werk as ’n plekaanwyser by ’n pornoteater in Torrance gekry nadat hy gesê het hy is ouer as wat hy was. Hy het daarna toneelklasse geloop, waar hy verskeie mense ontmoet het wat later in sy prente sou verskyn. In die 1980's het Tarantino op verskeie plekke gewerk. Hy was onder meer ’n Elvis-nabootser in "Sophia's Wedding: Part 1", ’n episode van die vierde seisoen van The Golden Girls, en het in ’n videowinkel gewerk.
Loopbaan duimnael|links|150px|Tarantino in Januarie 2013 in Parys. Sy loopbaan het in die laat 1980's begin, toe hy My Best Friend's Birthday geskryf en geregisseer het – dit het die basis vir sy sewende prent, True Romance, gevorm. In 1992 het hy sy loopbaan as onafhanklike vervaardiger begin met die uitreiking van Reservoir Dogs. Dit is beskou as ’n klassieke prent en kultustreffer, en is deur die rolprenttydskrif Empire "die grootste onafhanklike rolprent van alle tye" genoem.
Sy gewildheid het gestyg met die uitreiking van sy tweede prent, Pulp Fiction (1994), ’n swartkomedie-misdaadprent wat ’n groot sukses was onder resensente en die publiek. Entertainment Weekly het dit beskryf as die beste rolprent van 1983 tot 2008 en baie resensente en geleerdes het dit een van die mees betekenisvolle werke van die moderne rolprentteater genoem.
Kill Bill, ’n hoogs gestileerde "wraakfliek" in die tradisie van die Japannese gevegskuns, spaghetti-westerns en Italiaanse rillers, het ses jaar later gevolg en is as twee prente uitgereik: Kill Bill: Volume 1 in 2003 en Kill Bill: Volume 2 in 2004. In 2009 is sy prent Inglourious Basterds uitgereik, en dit het positiewe resensies gehad. Daarna het Django Unchained in 2012 gevolg en die western The Hateful Eight in 2015.
Tarantino se rolprente was ewe gewild onder resensente en die publiek. Hy het verskeie pryse ontvang, onder meer twee Oscars, twee Golden Globes, twee Baftas en die Palme d'Or, en is vir ’n Emmy en Grammy benoem. Die tydskrif Time het hom in 2005 as een van die 100 invloedrykste mense in die wêreld aangewys. In Desember 2015 het Tarantino ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry vir sy bydrae tot die rolprentwese.
Persoonlike lewe Tarantino het gesê: "Ek sê nie ek sal nie trou en kinders hê voor ek 60 is nie, maar ek het tot dusver ’n keuse gedoen om hierdie pad alleen te stap. Dit is my tyd om flieks te maak." In 2015 is berig dat hy in ’n verhouding met die kostuummaker Courtney Hoffman is.Quentin Tarantino is suited and booted with girlfriend Courtney Hoffman | Daily Mail Online. Dailymail.co.uk (12 Junie 2015). URL besoek op 2015-07-02.
Hy is ’n groot voorstander van 35 mm-film en op 18 Februarie 2010 is aangekondig dat hy die New Beverly Cinema gekoop het. Hy het gesê: "Solank as wat ek lewe en ryk is, sal die New Beverly daar wees en prente wys wat op 35 mm geskiet is."
Filmografie duimnael|Quentin Tarantino by die Inglourious Basterds Premiere, Leicester Square, 23 Julie 2009
Tarantino het verklaar dat hy beplan om 'n totaal van net tien films te maak voordat hy as regisseur uittree, as 'n manier om 'n algehele hoë gehalte binne sy filmografie te verseker. Hy glo "die meeste regisseurs het verskriklike laaste flieks," dat dit skaars is om op 'n "ordentlike fliek te eindig," en dat om op 'n "goeie fliek te eindig, soort van fenomenaal is." Tarantino beskou Kill Bill 1 en 2 as 'n enkele fliek.
+Directed features Jaar Titel Verspreiding 1992 Reservoir Dogs Miramax 1994 Pulp Fiction 1997 Jackie Brown 2003 Kill Bill: Volume 1 2004 Kill Bill: Volume 2 2007 Death Proof Dimension Films 2009 Inglourious Basterds The Weinstein Company / Universal Pictures 2012 Django Unchained The Weinstein Company / Sony Pictures Releasing 2015 The Hateful Eight The Weinstein Company 2019 Once Upon a Time in Hollywood Sony Pictures ReleasingTBA The Movie CriticTBA
Bibliografie Once Upon a Time in Hollywood: A Novel (2021) Cinema Speculation (2022)
Pryse Oscars Jaar Werk Kategorie 1994 Pulp Fiction Beste oorspronklike draaiboek 2012 Django Unchained Beste oorspronklike draaiboek
Baftas Jaar Werk Kategorie 1994 Pulp Fiction Beste oorspronklike draaiboek 2012 Django Unchained Beste oorspronklike draaiboek
Golden Globes Jaar Werk Kategorie 1994 Pulp Fiction Beste draaiboek 2012 Django Unchained Beste draaiboek
Film Independent Spirit Awards Jaar Werk Kategorie 1994 Pulp Fiction Beste regisseur 1994 Pulp Fiction Beste draaiboek Sitges-rolprentfees Jaar Werk Kategorie 1992 Reservoir Dogs Beste regisseur 1992 Reservoir Dogs Beste draaiboek
Saturn-pryse Jaar Werk Kategorie 2013 Django Unchained Beste skryfwerk
Cannes-filmfees Jaar Werk Kategorie 1994 Pulp Fiction Palme d'Or
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Amerikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu