duimnael|links|Huidige regerende partye in die deelstate en uniegebiede van Indië Die Bharatiya Janata Party (Hindi: भारतीय जनता पार्टी, bhāratīya janatā pārṭī, [bʱaːrət̪iːjə dʒənət̪aː paːrʈiː], , letterlik: "Indiese Volksparty", afk. BJP) is een van die twee groot partye in die Indiese politieke stelsel (die ander is die Indian National Congress). Vanaf 2015, ten opsigte van verteenwoordiging in die nasionale parlement en die deelstate se wetgewers, is dit die land se grootste politieke party, en ten opsigte van die primêre lidmaatskap, is dit die grootste politieke party ter wêreld. Die BJP is 'n regse konserwatiewe party, met 'n ideologiese en organisatoriese verhouding met die Hindoe-nasionalistiese Rashtriya Swayamsevak Sangh.

Verwysings

Eksterne skakels

Die Bharatiya Janata Party se amptelike webwerf

Kategorie:Politieke partye in Indië