Jo-Ann Strauss (* 3 Februarie 1981 in Kaapstad) is ’n Suid-Afrikaanse model, TV-persoonlikheid en sakevrou. Sy is in 2000 as Mej. Suid-Afrika gekroon en het die land in 2001 by die Mej. Heelal-kompetisie in Puerto Rico sowel as die Mej. Wêreld-kompetisie by Sun City, Suid-Afrika verteenwoordig.

Loopbaan Strauss het haar B.A.-graad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Sy het in haar jaar as Mej. Suid-Afrika haar medialoopbaan by die Afrikaanse TV-geselsprogram Pasella begin en was daarna ook op die Engelse leefstylprogram Top Billing, waar sy onderhoude met persoonlikhede soos Charlize Theron, Antonio Banderas en George Clooney gevoer het. Haar gesig het op die voorblaaie van verskeie Suid-Afrikaanse tydskrifte verskyn. ’n Jaar ná haar kroning het sy aan die sterweergawe van Big Brother South Africa deelgeneem, waar sy tweede geëindig het. Sy was te sien in die 2001 musiekvideo van die Ierse popgroep Westlife se enkelsnit When You're Looking Like That.

Op 10 Junie 2010 het Strauss die openingseremonie vir die 2010 FIFA Wêreldbeker in Suid-Afrika saam met Thomas Gottschalk vir die Duitse televisienetwerk ZDF in 'n regstreekse uitsending vanaf Johannesburg aangebied.

Verwysings

Eksterne skakels

Mej. Suid-Afrika se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geboortes in 1981 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Mejuffroue Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Suid-Afrikaanse modelle Kategorie:Suid-Afrikaanse televisieaanbieders Kategorie:Suid-Afrikaanse televisiepersoonlikhede Kategorie:Alumni van die Universiteit Stellenbosch