duimnael|links|Hoofsekretaris Sepp Blatter en president João Havelange in April 1982, net voor die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982 Jean-Marie Faustin Godefroid "João" de Havelange (8 Mei 1916 in Rio de Janeiro – 16 Augustus 2016 in Rio de Janeiro) was 'n voormalige Brasiliaanse sportbestuurder en die 7de president van FIFA. Hy is in 1974 tot die posisie verkies, maar bedank in 1998 nadat hy die organisasie vir 24 jaar gelei het. Hy is deur Sepp Blatter opgevolg.

In 1998, na sy uittrede, is hy as 'n ere-president van FIFA aangewys. Hy bedank egter in 2013 weens "gesondheid en persoonlike redes".

Havelange was op sy dag 'n swemmer wat sy land tydens die Olimpiese Somerspele van 1936 in Berlyn verteenwoordig het. Hy was ook deel van 'n waterpolospan wat in Helsinki aan die Olimpiese Somerspele van 1952 deelgeneem het.

Die stadion Estádio Olímpico João Havelange in Rio de Janeiro is na hom genoem.

Verwysings

Eksterne skakels

Havelange op die FIFA-webwerf

Kategorie:FIFA Kategorie:Brasiliaanse sportlui Kategorie:Geboortes in 1916 Kategorie:Sterftes in 2016 Kategorie:Honderdjariges