duimnael|links|Aesopus soos verbeeld deur Diego Velázquez, om en by 1640 duimnael|links|Aesopus moralisatus, 1485

Aesopus (ook Esopus; Grieks: Αἴσωπος Aisopos) (620-560 v.C.) was 'n Antieke Griekse skrywer van kort stories, bekend as Aesopus se fabels. Die stories gebruik vermenslikte diere en lewelose voorwerpe om sedelessies oor te dra. Van sy meer bekende fabels sluit in: "Die skilpad en die haas", "Die wolf en die skaapwagter", "Die jakkals en die druiwe"HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, en "Die noordewind en die son". Laasgenoemde word dikwels in die taalkunde gebruik om vergelykings tussen verskillende tale of variëteite van 'n taal te doen.

Daar is min oor Aesopus se lewe bekend en sy geskrifte het nie behoue gebly nie. Tog is daar talle verhale wat oor die eeue uit verskeie tale versamel is, wat aan hom toegedig word. Van die verhale word tot vandag toe nog gebruik, veral in kinderstories en strokiesprente.

In die fabel van "Die skilpad en die haas", as voorbeeld, daag 'n haas 'n skilpad vir 'n wedloop uit. Die haas is seker van sy oorwinning en neem nie die wedloop ernstig op nie. Hy neem middagslapies en sy aandag word deur allerlei dinge afgetrek. Die skilpad, daarteenoor, is doelgerig en neem die resies ernstig op. Ten spyte daarvan dat die skilpad veel stadiger is, wen hy uiteindelik die wedloop. En so is dit ook met mense, die wat volhard behaal sukses.

Afrikaanse vertalings Die mooiste verhale van Esopus, vertaal deur Johannes Petrus Jansen van Rensburg, 1970 Vyftig fabels in Afrikaans, vertaal deur Piet Boshoff & Gafie Van Wyk, 2000, Esopus se fabels : die volledige versameling, vertaal deur Piet Boshoff & Gafie van Wyk, 2008,

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Ou Griekse digters Kategorie:Ou Griekse skrywers Kategorie:Geboortes in 620 v.C. Kategorie:Sterftes in 564 v.C.