VIA is ’n Afrikaanse vermaak- en leefstylkanaal wat 24 uur per dag leefstyl- en realiteitsprogramme aanbied. Dit word op DStv-kanaal 147 uitgesaai en is op DStv Premium-, Extra, Compact- en Family-pakkette beskikbaar. Dit is Media24 se eerste televisiekanaal en word vanaf Maandag 9 November 2015 om 16:00 uitgesaai. Dit het begin met 22 nuwe programme wat op kos, diëte, verhoudings, troues en styl fokus. Die teikengroep is Afrikaanse vroue en hul gesinne.

Programme

Wie's Jou Poppie? (2017 - Nou)

Bobby & Karlien - In Jou Skoene (2017)

Huisgenoot: Ware Lewensdramas (2017)

Die Kontrak (2018)

Verwysings

Eksterne skakels VIA se webtuiste

Kategorie:Afrikaanse televisiekanale Kategorie:Suid-Afrikaanse televisiekanale