Lionel Abrahams (11 April 1928 – 31 Mei 2004) was 'n Suid-Afrikaanse romanskrywer, digter, redakteur, kritikus, essayis en uitgewer. Hy is in Johannesburg gebore, waar hy sy lewe lank gewoon het. Hy is met 'n serebrale gestremdheid gediagnoseer en moes tot 11-jarige ouderdom 'n rolstoel gebruik.
Abrahams is veral bekend vir sy poësie. Herman Charles Bosman was sy mentor. Hy het later sewe volumes van Bosman se postuum-gepubliseerde werke geredigeer.
Abrahams was in eie reg een van die invloedrykste figure in die Suid-Afrikaanse letterkunde, en het talle gedigte, essays en twee romans gepubliseer. Deur Renoster-boeke, wat hy in 1956 begin het, het hy werke van Oswald Mtshali en Mongane Wally Serote gepubliseer.
Hy is in 1986 met Jane Fox getroud. In dieselfde jaar ontvang hy eredoktorsgrade in die letterkunde van die Universiteit van die Witwatersrand en die Universiteit van KwaZulu-Natal.
Romans The Celibacy of Felix Greenspan: A novel in 18 stories, gepubliseer deur Bateleur Press, 1977 The White Life of Felix Greenspan, gepubliseer deur M&G Books, 2002
Gedigte Journal of a New Man, gepubliseer deur Ad Donker, 1984 The Writer in Sand, gepubliseer deur Ad Donker, 1988 A Dead Tree Full of Live Birds, gepubliseer deur Snail Press, 1988 Chaos Theory of the Heart, gepubliseer deur Jacana Media, 2005 To Halley's Comet, die publiseerder is onbekend
Werke oor Lionel Abrahams Lionel Abrahams: A Reader, red. Patrick Cullinan, gepubliseer deur Ad Donker, 1988 A Writer in Stone: South African Writers Celebrate the 70th Birthday of Lionel Abrahams, red. G. Friedman en Roy Blumenthal, gepubliseer deur David Philip, 1998
Sien ook Lys van bekende Suid-Afrikaners
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse digters Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1928 Kategorie:Sterftes in 2004