Beata Maria Szydło [ˈʃɨdwɔ] (gebore op 15 April 1963 in Oświęcim as Beata Maria Kusińska) is 'n Poolse politikus van die nasionaal-konserwatiewe party Prawo i Sprawiedliwość (PiS, "Reg en Geregtigheid") wat tussen 16 November 2015 en 8 Desember 2017 die amp van eerste minister van die Republiek Pole beklee het.
Sy was reeds vanaf 2007 in die Vde, VIde, VIIde en huidige VIIIste parlementstermyn 'n afgevaardigde in die Poolse parlement, die Sejm.
Van 1998 tot 2005 was sy burgemeester van Brzeszcze.
Eksterne skakels
Kategorie:Eerste Ministers van Pole Kategorie:Poolse burgemeesters Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Lewende mense