Bastiaan Johannis (Bas) van der Vlies (* 29 Junie 1942 – † 7 November 2021) was 'n Nederlandse politikus van die Staatkundig Gereformeerde Party (SGP). Van der Vlies was 'n parlementslid van Junie 1981 tot Junie 2010. Hy was ook beide die partyleier en parlementêre leier van Mei 1986 tot Maart/Mei 2010.

Van der Vlies het 'n graad in waterboukunde aan die Tegnische Universiteit Delft verwerf. Hy was 'n wiskunde-onderwyser voordat hy 'n politikus geword het.

Die Orde van die Nederlandse Leeu is op 29 April 1994 aan hom toegeken en hy ontvang die Orde van Oranje-Nassau op 16 Junie 2010.

Bronne www.parlement.com

Kategorie:Geboortes in 1942 Kategorie:Sterftes in 2021 Kategorie:Lede van die Tweede Kamer van die Stategeneraal