Die salignabloekom (Eucalyptus grandis) is 'n groot tot massiewe boom en indringerplant wat groei in waterlope, woudrande en grasveld. Dit is endemies aan die ooste van Australië. Dit kan tot 55 m hoog word. Die boom het growwe bas wat afskilfer in lang repe om die gladde, liggrys of wit onderbas te ontbloot. Die blare is enkelvoudig, lansvormig, donkergroen aan die bokant en leeragtig. Die blommetjies is roomkleurig met uitstaande meeldrade en lok veral bye. Die boom se vrug is 'n klein, peervormige kapsule.
Die boom word in plantasies geplant vir kommersiële gebruik.
duimnael|links|200px|Salignabloekoms duimnael|links|200px|'n Salignabloekom
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Kampioenboom Lys van indringerplante in Suid-Afrika
Bronne Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 Plants of the World Online
Eksterne skakels
grandis Kategorie:Flora van Australië Kategorie:Endemiese plante van Australië Kategorie:Indringerplante