Lynnwood Glen is 'n voorstad van Pretoria in Gauteng, Suid-Afrika. Die voorstad is in 1967 gestig en is geleë op 'n gedeelte van die oorspronklike plaas Hartebeestpoort wat aan mnr. F.E.B. Struben behoort het.
Dit word begrens deur Atterburyweg (M11) aan die suide, January Masilela-rylaan (M33, voormalige Generaal Louis Botharylaan) aan die ooste, Lynnwoodweg (M6) aan die noorde en die N1-snelweg aan die westekant.
Die Moreleta- en Waterkloofspruite loop deur die voorstad en die Strubendam-voëlreservaat is ook hier geleë. Die gebied is bekend vir sy unieke verskeidenheid inheemse voëls en klein soogdiere. duimnael|links|500px|St. Alban's College met sy krieketvelde op die voorgrond. Hierdie private seunsskool is in 1963 gestig met 37 leerders en 3 skoolmeesters ― teen 2019 het dit sowat 590 leerders en 60 onderwysers.Welcome to St. Alban's College: Head's Welcome, Shane Kidwell, 2019
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Pretoria