Die vaalpopulier (Populus x canescens) is skraal, bladwisselende, regop boom en 'n indringerplant wat feitlik dwarsoor Suid-Afrika voorkom behalwe die noordwestelike gedeeltes van die Noord-Kaap. Die bas is wit of grys met dwarsbande. Die jong boompie se blare is driehoekig en getand en die ouer bome se blare is enkelvoudig, rond en gaafrandig. Die boom kan tot 20 m hoog word. Die boom is 'n kruising van twee of meer Eurasiese Populus-spesies. Kolonies vorm van wortelsuiers.
duimnael|links|Blare duimnael|links|Blomme en vrugte
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van indringerplante in Suid-Afrika
Bronnelys Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Indringerplante