Colbyn is 'n voorstad in die sentraal-ooste van Pretoria, Suid-Afrika.
Geskiedenis Colbyn is vernoem na die dorp Colby op die Eiland Man waar J.B. Kneen, ontwikkelaar van Colbyn, gebore is. Die opmeting is deur die Wesleyaanse (Metodiste) kerkvereniging gedoen, wat ook dieselfde seggenskap gehad het in Hatfield, Queenswood en Kilnerpark. Die oorspronklike transportaktes het die beperking gedra dat geen drank in een van dié vier woonbuurte verkoop mog word nie.
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Pretoria