Die Witmoerbei (Morus alba) is 'n indringerplant en 'n groot, bladwisselende en bosserige boom met neerhangende buitetakke. Die boom word tot 15 m hoog en groei aan stroomoewers en woudrande. Die enkelvoudige blare is ovaal, blink en het 'n skerp punt. Die are is duidelik op die blaar, dit is heldergroen aan die bokant en ligter aan die onderkant. Die groenerige blommetjies verskyn in are gedurende September tot Oktober. Die vrugte is silindries en kan rooi, wit of pers wees. Voëls eet graag die vrugte en versprei so die saad. Die boom is endemies aan China en Japan, waar dit deel van die sybedryf is.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van indringerplante in Suid-Afrika

Bronnelys Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 Plants of the World Online

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Indringerplante China Kategorie:Flora van Japan