Die vaalmimosa (Acacia podalyriifolia) is 'n boom en indringerplant wat voorkom in stedelike gebiede, langs paaie en waterlope. Die boom is inheems in oos en suidoos Australië. Dit staan ook as die lierwattel bekend.
Voorkoms Die boom word tot 8m hoog, is middelgroot, doringloos met 'n silwergrys loof. Die fluweelagtige blare is enkelvoudig en die vorm wissel van ovaal tot ellipties. Die bas is glad en liggrys van kleur. Nuwe uitgroeisels is met poeieragtige hare bedek. Die blomhofies is bolvormig en goudgeel; dit verskyn in lang aanskoulike blomtakkies van Junie tot Augustus. Die saadpeul het 'n golwende rand. Die boom word as 'n sierboom gekweek.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van indringerplante in Suid-Afrika
Bronnelys Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 Plants of the World Online
Verwysings
Eksterne skakels
podalyriifolia Kategorie:Indringerplante Kategorie:Flora van Australië Kategorie:Endemiese plante van Australië