Die Mauritiusdoring (Caesalpinia decapetala) is 'n indringerplant en struik of klimplant wat inheems is aan Suidoos-Asië, en nie Mauritius soos die naam aandui nie. Dit groei aan rivieroewers, woudrande en woudooptes asook langs paaie.
Voorkoms duimnael|links|Blomme duimnael|links|Sade
Die plant word 2 tot 4 m hoog, groei dig en is immergroen. Die Acacia-agtige plant het 'n veeragtige loof. Dit vorm verstrengelde ruigtes of klim in bome op. Kort dorings bedek die takkies, wat reguit of haakvormig kan wees. Die blare is saamgestel en die bokant is donkerder. Die blomme is aanskoulik, liggeel en verskyn in keëlvormige are. Die vrug is 'n houtagtige peul en skerp, amper soos 'n snawel.
Dit is 'n gasheerplant vir die skoenlapper Charaxes baumanni
Bron Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012
Verwysings
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van indringerplante in Suid-Afrika
Eksterne skakels
Kategorie:Indringerplante