duimnael|Bordjie wat 'n ruiterpad aandui duimnael|'n Ruiterpad in Hillingdon, Groter Londen duimnael|Ruiterpad in Engeland
'n Ruiterpad is 'n spesiale grondpad waarop ruiters met hulle perde kan ry. So 'n pad is gewoonlik van ander paaie verwyder, sodat ruiters hulle nie oor verkeer of ander padgebruikers hoef te bekommer nie, en ruiters ook nie motorvoertuie ophou nie.
In geïndustrialiseerde lande word ruiterpaaie hoofsaaklik vir ontspanning aangewend. Hulle bly egter belangrike vervoerroetes in landelike en onherbergsame gebiede. Sulke roetes word, byvoorbeeld, steeds in Lesotho gebruik om tussen dorpe te reis."Lesotho." Encyclopædia Britannica. 2007. Encyclopædia Britannica Online. 24 June 2007
Hedendaagse ruiterpaaie word gewoonlik met 'n bordjie aangedui en is meestal slegs vir berede perde toeganklik. Ter beskerming van die ruiters en hul diere, word fietse en stappers meestal nie op hierdie roetes toegelaat nie. Sommige ruiterpaaie is smal, terwyl ander heelwat breër is. Die breër ruiterpaaie word soms ook vir perdekarre gebruik.
Fotogalery
Verwysings
Eksterne skakels Die ruiterpadvereniging
Kategorie:Perde