regs|170px|duimnael|Ds. A.J. Louw het van 1893 af 39 jaar lank in die gemeente Heidelberg, Tvl., gestaan.

Ds. Adriaan Jacobus (Attie) Louw (Paarl, 23 Januarie 1859 – Pretoria, 23 September 1935) was ’n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die stigter van talle onderwysinstellings op Heidelberg, Gauteng. Reeds voor die Tweede Vryheidsoorlog het, was hy bestuurslid van die Staatsgymnasium in Pretoria. Deur sy onvermoeide arbeid, meer as van enige ander, het dié dorp die “Stellenbosch" van Transvaal geword het. Nie minder nie as 38 jaar het hy daar gestaan en sy groot lewenstaak verrig, veral in verband met die onderwys. In 1931 het hy afskeid van die gemeente geneem en enige jare sy aftrede in Pretoria geniet.

Uit die eerste skooltjie wat op 3 Augustus 1903 in die kelder van die kerkgebou op Heidelberg geopen is, het mettertyd die Laer Volkskool, die Hoër Volkskool, die Heidelbergse Normaalkollege en die verskillende kerklike koshuise ontwikkel. In die Transvaalse Sinode en in die Raad van NG Kerke het Louw 'n leidende rol gespeel. Hy het in 1894 assistent-skriba van die Sinode geword en van 1897 tot 1916 as actuarius synodi gedien. In laasgenoemde jaar is hy as moderator gekies en beklee dié amp tot 1925. In Maart 1933 word hy onbestrede tot tweede kanselier van die Universiteit van Pretoria verkies, maar bedank in September 1934 weens toenemende doofheid.

Louw was 'n groot kerk- en volksman, met 'n kragtige persoonlikheid en sterk deursettingsvermoë. Hy was 'n gevierde prediker, magtig in die Skrif, kragtig in gebed en 'n welsprekende redenaar. Hy was besadig, maar standvastig van karakter en 'n man met 'n groot invloed. Sy volksliefde het veral in sy ywer vir die opvoeding van die Afrikanerkind tot uiting gekom.

Die A.J. Louw-gebou op Heidelberg is na hom genoem en die digter A.G. Visser het hom twee keer met huldigingsgedigte vereer. 'n Versameling van sy preekmanuskripte berus in die NG Kerkargief in Pretoria.

Herkoms Louw is gebore in 1859, die eerbiedwaardige jaar waarin die NG Kerk se Kweekskool op Stellenbosch opgerig is, as een van 10 kinders – sewe dogters en drie seuns van Adriaan Jacobus Louw (1811–1877) van Babylons Toren, Paarl, Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 7 Oktober 2015. en sy vrou, Charlotte Louise Herold, 'n dogter van ds. T.J. Herold. Sewe van Attie se susters het met ’n predikant getrou:. Maria (Miemie) Magdalena (1834–1918), moeder van di. Adriaan en Jan Hofmeyr), was getroud met prof. Nicolaas Hofmeyr. Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 7 Oktober 2015. Louisa Adriana (Wiesie, 1845–1883) getroud met ds. Arend Hofmeyr van die NG gemeente Hanover, en die moeder van ds. Attie Hofmeyr van Njassaland en die mediese sendeling dr. Jan Hofmeyr. Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 7 Oktober 2015. Margaretha Johanna (Maggie, 1848–1921) met ds. Johannes Rudolph Albertyn, ’n seun van ds. P.K. Albertyn. Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 7 Oktober 2015. Catharina Johanna (Kitty, 1852–1942) met ds. George Murray. Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 7 Oktober 2015. Vier van ds. Murray se broers het predikant geword: John, Andrew, William, en Charles. Johanna Hendrina (1855–1944) met prof. C.F.J. Muller. Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 7 Oktober 2015. Hulle was die ouers van dr. Tobie Muller (1882–1918), predikant van die NG gemeente Philippolis en ’n Afrikaanse taalstryder. Charlotte Louisa (1862–1931) met ds. J.C. Truter. Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 7 Oktober 2015. Susanna Maria met ds. P.G.J. Meiring. Hulle was die ouers van ds. Arnold Meiring (1906–1984), moderator van die Transvaalse Sinode van 1957 en 1961.

Een van Louw se twee broers, Tobias Johannes Louw (1850–1930), was die vader van die groot Afrikaanse argitek Wynand Louw (1883–1967).

Opleiding Op twintigjarige leeftyd is hy aan die Kweekskool ingeskryf saam met sulke bekende leraars van die NG Kerk soos J.A. Beyers, P.S. van Heerden en A.J.B. Albertyn. Vier maande ná sy inskrywing het hy om gesondheidsredes na Europa vertrek en eers weer agt maande later sy studie hervat; gevolglik is hy nie voor November 1884 gelegitimeer nie, saam met die bekende di. J.P. van Heerden, J.J.T. Marquard, J.C. Truter en I.F.A. de Villiers.

Riebeek-Wes Sy eerste gemeente was Riebeek-Wes, waar hy in Maart 1885 “zeer feestelijk en zeer hartelijk" bevestig is saam met sy eggenote, Maria Rowan, die oudste dogter van die welbekende skoolinspekteur A.N. Rowan, wat destyds reeds op Stellenbosch gewoon het. Nie minder as 37 rytuie nie, so vermeld ’n berig, het die stoet gevorm wat die jong egpaar ontmoet het. Daar was adresse, weltoebereide tafels met versierde koeke en selfs 'n ereboog met die woord “Welkom” daarop aangebring. Prof. N.J. Hofmeyr, ’n swaer van die jong leraar, het die bevestigingsrede uitgespreek oor Matt. 7:29, terwyl die jong leraar die welbekende woorde van Paulus uit Rom. 1:16 (“Want ik schaam mij des Evangelies van Christus niet; want het is een kracht Gods tot zaligheid een iegelijk, die gelooft, eerst den Jood, en ook den Griek.”) Bybel en Kuns. URL besoek op 8 Oktober 2015. as teks gebruik het. Ná 'n kort dog geseënde verblyf in dié Bolandse gemeente het ds. Louw 'n beroep na die verre Vryheid aangeneem. Hy is egter in sy eerste gemeente nie vergeet nie en het in 1933 die feesrede aldaar gehou by geleentheid van die driekwarteeufees.

Vryheid duimnael|regs|320px|Die NG kerk Vryheid. Dis ontwerp deur die Durbanse vennote William Street-Wilson en Percy Barr, wat geduur het van 1888 tot Barr se dood in Desember 1893. Besonderhede oor dié argitekte op Artefacts.co.za URL besoek op 23 Julie 2015. Vryheid se moederkerk is al NG kerkgebou wat hulle ontwerp het, en ingewy in ds. Louw se tyd.

Die gemeente Vryheid was destyds in die onafhanklike Nieuwe Republiek en is gedurende die bediening van ds. Louw opgeneem in die Transvaalse Kerk. Die inlywing het enige maande ná sy aankoms plaasgevind en wel deur bemiddeling van ds. H.L. Neethling van Utrecht, wat deur die Sinodale Kommissie van die Transvaalse Kerk vir hierdie taak aangewys is. Hierdie republiek was 'n deel van Zoeloeland wat gegrens het aan die ou ZAR en wat deur Dinuzulu gegee is aan 'n aantal burgers wat hom gehelp het teen sy vyande, en om vrede en orde in sy land te handhaaf. Lukas Meyer was president van dié republiek, wat ná enige jare weer by Transvaal ingelyf is. Dit het aan die een kant aanleiding gegee tot die stigting van die gemeente Vryheid in die republiek, terwyl die burgerlike inlywing die kerklike voorberei het. Ds. Louw was die eerste leraar van die gemeente, het daar lief en leed met die gemeente gedeel en die voorreg gehad om in 1891 die hoeksteen te lê van die kerkgebou wat tot vandag toe as hoofkerk op Vryheid dien. Die grondslag van die toekomstige bloei van die gemeente is in daardie tyd heg gelê. Ook hier het ds. Louw die vriendskap geniet van vooraanstaande manne soos die president wat sy ouderling was en genl. Louis Botha, later die eerste eerste minister van die Unie van Suid-Afrika, terwyl in sy vorige gemeente twee kinders in die dorpskool was wat bestem was om later 'n leidende rol in die land se geskiedenis te speel, naamlik genl. J.C. Smuts en dr. D.F. Malan.

Koms na Heidelberg, Tvl. duimnael|links|320px|Die NG kerk Heidelberg.

Voordat die kerkraad van die NG gemeente Heidelberg, Tvl., op 3 Desember 1892 'n beroep kon uitbring in die plek van wyle ds. Van Warmelo, moes die waarborglyste wat uitgestuur is, eers nagegaan word om vas te stel of die gemeente die salaris van die predikant wat beroep sou word, kon waarborg. Dit het geblyk dat die totale bedrag van £423-16-6 gewaarborg kan word. Aangesien die salaris van die predikant op £400 p.j. vasgestel is, kon die kerkraad toe 'n beroep uitbring. Op die tweetal uit die groslys het die name van ds. A.J. Louw van Vryheid en ds. D.P. Ackerman van Wakkerstroom gekom en eersgenoemde is gekies. Die beroepsbrief is in gereedheid gebring en aan hom afgestuur. Ds. Louw het egter nog om uitstel van twee weke gevra. In sy antwoord van 9 Januarie 1893 neem hy die beroep aan en skryf onder meer soos volg: “Het is nauwelijks noodig u te zeggen dat hoe vereerend ook, het voor mij zwaar uiterst zwaar was tot eene beslissing in deze zaak te komen. Een arbeidsveld te verlaten waarop de zegen des Heeren zoo kennelijk heeft gerust, eene gemeente op te geven met wier wording en leven wij op 't nouwst vereenzelvigd zijn geworden van vele en dierbare zielen afscheid te nemen, die door heilige banden aan ons verbonden zijn, dit alles, en veel meer nog vaarwel te zeggen, heeft geen geringen strijd gekost. Maar de stille overtuiging kwam langzamerhand over ons dat de stem uit Heidelberg die des Heeren was.”

Op ontvangs van hierdie brief is daar toe 'n kommissie benoem om die nodige stappe vir ’n behoorlike ontvangs vir ds. Louw op 8 April 1893 te reël. Ds. Louw sou gevra word om self 'n wa te vind wat sy goed van Vryheid af na Heidelberg kon vervoer, terwyl die kerkraad die transportkoste sou betaal. Ds. Louw het egter vereers alleen oorgekom, maar eers nadat hy saam met die gemeente die kerkgebou ingewy het. Aangesien mev. Louw nie gesond was nie, het hy die gesin Kaap toe geneem. Hy het al die huisraad op Vryheid verkoop en sou in Kaapstad of Johannesburg nuwe meubels aankoop. Die wa het net sy boeke vervoer.

Heidelbergse kerkstryd duimnael|regs|240px|Ds. en mev. Louw en hul oudste twee kinders. Ds. Louw sou in die hitte van 'n kerkstryd op Heidelberg aankom. Op 17 Julie 1893 moes daar 'n buitengewone Algemene Kerkvergadering gehou word “van wegen den hachelijken toestand waarin de Kerk gedompeld is”, en daar sou benewens die predikant nog vier afgevaardigdes van Heidelberg dié vergadering bywoon. Die stryd het veral gegaan tussen die Verenigde Kerk en die herstelde Hervormde Kerk om die kerkeiendomme. Op Heidelberg was die toestande nie rooskleuriger nie. Die gesin van ds. Louw wat intussen aangekom het, het geen woning gehad om in tuis te gaan nie. Hulle moes 'n heenkome in 'n hotel vind. Die gevoelens teen ds. Louw in sommige kringe het so hoog geloop dat een van die boere met 'n geweer sou rondgeloop het om na ds. Louw te soek met die dreigement om hom te skiet. Intussen het die Hervormde kerkraad geweier om die sleutels van die pastorie aan die Verenigde Kerkraad af te gee. Die eintlike probleem in verband met die pastorie het op 'n buitengewone vergadering van 3 Julie 1893 sy ontstaan gehad. R.P. Ueckermann deel aan die vergadering mee dat hy gedurende daardie week die sleutels van die pastorie by mev. Van Warmelo gevra het. Maar sy het op aandrang van die Hervormde kerkraad geweier om dit te oorhandig. Die vergadering besluit toe om 'n kommissie van drie persone te benoem om as afgevaardigdes met mev. Van Warmelo te gaan onderhandel, terwyl die vergadering intussen sou verdaag. Mev. Van Warmelo weier egter volstrek om die sleutels te oorhandig aangesien sy skriftelik daartoe gelas om dit nie te doen nie.

Regsadvies is vervolgens van die heer Ahrbeck ingewin. In die daaropvolgende bespreking van die saak is “besloten by meerderheid dat de pastorie in bezit genomen zal worden." Terwyl die vergadering weer verdaag, sou die broeders R.P. Ueckermann en P. Venter die taak gaan afhandel. “Maar zulks zal geschieden met alle bedaardheid, terwijl niemand anders toegelaten zal worden tegenwoordig te zijn; en indien eenig tegenstand of verzet zich voordoet, dan niet meer tegenstand te bieden." Ná 'n uur het die betrokke persone teruggekeer en gemeld dat hulle die pastorie sonder enige teenstand oopgemaak het. Die besittings van mev. Van Warmelo wat nog in die huis was, kon vir 'n week in die studeerkamer gelaat word.