Trevor Noah (gebore op 20 Februarie 1984 in Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse komediant, akteur en TV-aanbieder.

Lewensloop Trevor Noah is in Johannesburg gebore en hy het in die stadsdeel Soweto grootgeword. Sy moeder, Patricia, is 'n swart Suid-Afrikaanse vrou wat half Joods is. Trevor Noah has Australia laughing Herald Sun, 20 Oktober 2014 Sy vader Robert is 'n wit man wat van Switsers-Duitse afkoms is. South African comedian Trevor Noah to play Birmingham’s Glee Club Birmingham Post, 22 November 2013 Tydens die apartheidsjare was die verhouding tussen sy ouers onwettig. Sy moeder is destyds deur die apartheidsregering in hegtenis geneem en beboet. Ep. 55 - interview with South African comedian Trevor Noah All Things Comedy, 2014 Die jong Trevor is deur sy moeder en ouma opgevoed. Sy veelrassige afkoms en persepsies oor ras en etnisiteit kom ook gereeld in sy komedie-optredes ter sprake. Why mixed-race comic was 'born a crime' CNN.com, 30 Maart 2015

Trevor Noah is veeltalig; hy praat Engels, Xhosa, Zoeloe, Suid-Sotho, Tswana, Tsonga, Afrikaans asook 'n bietjie Duits en Spaans.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Suid-Afrikaanse komediante Kategorie:Geboortes in 1984 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Xhosas