Die silwereik (Grevillea robusta) is 'n indringerplant en groot immergroen boom wat tot 30 m hoog kan word. Dit is inheems in die ooste van Australië. Die boom het 'n reguit stam, die takke is dikwels kaal met 'n slordige voorkoms. Dit staan ook bekend as die Australiese silwereik. Die saamgestelde blare is varingagtig, grysgroen aan die bokant en silwerig aan die onderkant. Die blomme is goudgeel en kom in trosse voor; dit is die opvallendste in die vroeë somer. Die vrug is 'n harde houtagtige kapsule. Die boom groei vinnig en word in parke en tuine aangeplant.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van indringerplante in Suid-Afrika

Bronnelys Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Indringerplante Kategorie:Flora van Australië Kategorie:Endemiese plante van Australië