Ds. Johan Gregorius Bezuidenhoud (distrik Ermelo, Transvaal, 28 November 1911 – Brakpan, 6 September 1997) was tussen 1938 en 1980 ’n predikant in 11 gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, twee in Johannesburg, vier in die Oos-Kaap, een in die Wes-Kaap, een in die NG Kerk Vrystaat en twee op Brakpan aan die Oos-Rand.
Herkoms Ds. Bezuidenhoud is weliswaar gebore in die distrik Ermelo, maar het eintlik sy kinderdae op die plaas Hebron in die distrik Piet Retief deurgebring. Sy vader, Johannes Jurgens Bezuidenhoud, was ’n burger in die Tweede Vryheidsoorlog en het deelgeneem aan die veldslae van Spioenkop en Colenso. Hy is as krygsgevangene na Indië gestuur. Sy grootvader aan vaderskant was van 1886 tot 1891 president van die kortstondige Republiek Klein Vrystaat, wat ná vyf jaar by die Zuid-Afrikaansche Republiek ingelyf is. Die familieplaas, Vaalkop, was indertyd bekend as die setel van die Republiek, waarvan die regering bestaan het uit ’n driemanskap met die president as voorsitter. Die gebruik in die Republiek Klein Vrystaat was dat die burgers jaarliks op Nuwejaarsdag op die president se plaas byeengekom het vir skyfskiet en boeresport. In 1991 het pres. Paul Kruger genl. Piet Joubert gestuur om met ná onderhandeling die Republiek volledig met sy bestaande polisiemag ens. by Transvaal in te lyf. Die regeringseëls was lank in ds. Bezuidenhoud se besit, maar hy het dit in die vyftigerjare aan die Unie-argief in Pretoria oorhandig.
Opleiding duimnael|links|320px|Johan Bezuidenhoud het sy skoolloopbaan voltooi aan die Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria. Blykbaar het Johan Bezuidenhoud reeds op sewe die roepstem tot die evangeliebediening verneem. Sy vroegste skoolonderrig ontvang hy aan die plaasskool Roburnia en daarna sy sekondêre onderwys agtereenvolgens aan die Hoërskool Piet en die Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria.
Begin 1931 gaan hy Boland toe waar hy ’n B.A.-graad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal en daarna die vierjarige teologiese kursus aan die Kweekskool deurloop. Op skool en as student was hy ’n groot sportliefhebber wat graag rugby, tennis en bofbal gespeel en ook geboks het. In later jare het hy net af en toe gholf gespeel. Reeds op universiteit het Johan Bezuidenhoud blyke van redenaardstalent getoon.
Vrededorp (Cottesloe) duimnael|regs|210px|Die Braamfonteinse NG kerkgebou omstreeks ds. Bezuidenhoud se dienstyd. Dis vroeg in die vyftigerjare gesloop om plek te maak vir ’n nuwe gebou, wat ook sedertdien gesloop is. Einde 1937 is prop. Bezuidenhoud gelegitimeer en ontvang hy beroepe na Tulbagh, Melville, Johannesburg en Eloffsdal, wat hy nie een aanneem nie, want op 31 Julie 1938 begin hy sy bediening in die NG gemeente Cottesloe (toe nog genoem Vrededorp), in die weste van Johannesburg. In hierdie uiters minderbevoorregte buurt het hy veel gedoen om die jong gemeente van bankrotskap en verval te red. Vrededorp is op 27 Augustus 1927 van Fordsburg en Vrederus (later Melville genoem) afgestig. Uit die staanspoor was die nuwe gemeente hulpbehoewend. Aanvanklik het lidmate kerk gehou in 'n ou saaltjie, wat Fordsburg geskenk het, totdat die gemeente sy eie kerk (sonder 'n toring) gebou het op 'n stuk grond op die hoek van Kite- en Eerste Straat op die grens tussen Vrededorp en Cottesloe, wat van die stadsraad Johannesburg ontvang is. Die kerk is omstreeks 1935 ingewy.
Omdat die gemeente 'n arm gebied bedien het, was sy inkomste aanvanklik baie laag en het die kerkraad by die ring aansoek gedoen om die grense in die rigting van Brixton uit te brei sodat dit die Jan Hofmeyr-stadsgedeelte (eweneens armoedig) sou insluit. Die versoek is toegestaan en later is dié woonbuurt in drie groot wyke verdeel. Ook het die kerkraad 'n verband op die kerklike eiendomme geneem om twee skakelhuise te laat bou vir verhuring op grond wat van Fordsburg ontvang is. So het dit gebeur dat die gemeente 'n las gedra het van £3 350, met 'n gemiddelde inkomste van £12 per maand aan dankoffers, £28 per maand uit die verhuur van die huise en £100 per jaar uit die fonds vir hulpbehoewende gemeentes.
Nietemin het die eerste leraar, ds. E.C. Anderssen, en sy vrou dit reggekry om elders £2 145.5.4 ten behoewe van die gemeente in te samel terwyl die leraar se vrou £697.5.11 deur die Tiekiebond byeengebring het en £238 ingesamel het vir die nuwe orrel.
Gedurende die tweede leraar, ds. P.V. Pistorius, se dienstyd (1936 tot 1938), besluit die gemeente om 'n pastorie langs die kerk te bou. En tydens ds. Bezuidenhoud se tyd is etlike stadsgedeeltes by die gemeente gevoeg, wat die lidmate tot meer as duisend laat toeneem het. In dieselfde tydperk leen die kerk nog £1 000 vir die bou van 'n poskantoor om aan die staat te verhuur. Dus staan die skuld van die gemeente in Maart 1941 op £4 600, wat die kerkraad baie langsaam met huurgelde en 'n vermeerdering in die maandelikse bydraes kon afbetaal. Gedurende die vierde leraar, ds. Grobler, se tyd (1941–1945) groei die gemeente tot 1 130 lidmate en verminder die skuld met £2 000.
Ná ’n vrugbare bediening van drie jaar, aanvaar ds. Bezuidenhoud ’n beroep na die NG gemeente Johannesburg.
Johannesburg Ná die vertrek van ds. Gert Meij (1939–1940) het Johannesburg se kerkraad die beroep van 'n medeleraar vir 'n onbepaalde tyd uitgestel. Kort daarna tree daar egter nuwe ontwikkelinge in wat die studentebearbeiding van die Transvaalse Kerk op 'n nuwe grondslag geplaas het en regstreeks aanleiding gegee het tot die beroep van 'n medeleraar vir dié gemeente. Die Sinode van April 1940 het besluit om 'n tweede studentepredikant aan te stel, die werkkring onder die Transvaalse studente in twee te verdeel, naamlik Pretoria (met Heidelberg) en Johannesburg (met Potchefstroom) en aan die studenteleraars 'n vaste kerkregtelike status as medeleraars van gemeentes, met werkkring onder die studente, toe te ken. So het dit gekom dat die kerkraad van Johannesburg weer 'n medeleraar, veral met die oog op die studente, beroep het. Eers is in November 1940 die destydse studenteleraar van die Transvaalse Kerk, ds. Ben Marais beroep, maar toe hy 'n soortgelyke beroep as studentepredikant na Pretoria-Oos ontvang en dit aanneem, het die kerkraad van Johannesburg in Januarie 1941 die jong predikant van Vrededorp as medeleraar met werkkring onder die studente van Johannesburg en Potchefstroom beroep. Ds. Bezuidenhoud het die beroep aangeneem en is op Saterdag 15 Maart 1941 in die Braamfonteinse kerkgebou deur sy kollega, ds. P.S.Z. Coetzee bevestig, terwyl ds. G.D. Worst van Potchefstroom die rede uitgespreek het. Ds. Bezuidenhoud het ná twee jaar van vrugbare maar veeleisende diens 'n beroep na Steynsburg aangeneem en middel Mei 1943 na sy nuwe werkkring vertrek.
Steynsburg en Dordrecht duimnael|links|300px|Ds. Bezuidenhoud is begin 1944 in die NG gemeente Steynsburg bevestig en het daar gebly tot 1947.
duimnael|regs|220px|Van die NG gemeente Dordrecht was ds. Bezuidenhoud die leraar van Mei 1947 tot Augustus 1950.
Op 19 Januarie 1942 is ds. Bezuidenhoud in die gemeente Steynsburg bevestig, maar ook sy tyd in die gemeente kan nie veel afgelei word uit die beskikbare bronne nie. Dit was wel in dié tyd dat die kerk hom in 1945 verlof verleen het om as veldprediker na die Midde-Ooste te gaan om die Suid-Afrikaanse magte daar te gaan bearbei. Van April tot Oktober daardie jaar besoek hy Sirië, Egipte, Libië, Palestina, Tunisië en Algerië en reis binne drie maande meer as 20 000 km per vragmotor deur die woestyn.
Daarna word hy op 10 Mei 1947 bevestig in die NG gemeente Dordrecht, wat in 1957 (die eeufees), 1982 en 2007 ’n gedenkboek of –brosjure oor die gemeente se geskiedenis uitgebring het. Ds. Petrus Coetzee, ds. Bezuidenhoud se medeleraar in Johannesburg, het van Edenburg af Dordrecht toe gekom om die bevestigingsrede te lewer. Ds. N.F.P. Burger van die buurgemeente Indwe en eerw. P.H. Muller van Elliot het ook aan die plegtigheid deelgeneem. Soos die geval in al sy 11 gemeentes binne 43 jaar, was ds. Bezuidenhoud se bediening op Dordrecht ook van korte duur, want reeds op 6 Augustus 1950 lewer hy sy afskeidspreek nadat hy ’n beroep aanvaar het na die Nuwekerk, Graaff-Reinet. Op Dordrecht het veral sy prediking en pastorale werk uitgestaan.
Met die gemeente se 125-jarige feesviering het ds. Bezuidenhoud oor sy dienstyd geskryf: "Wat ons persoonlik betref, staan Dordrecht eerste van die elf gemeentes wat ons in ons bediening van 43 jaar bedien het. Soek maar deur die gemeentes van ons dierbare kerk en jy sal Dordrecht se gelyke nooit vind nie. Heimwee oorspoel ons en die verlange verteer ons wanneer ons aan daardie gemeente dink. Dit was ’n kerkvaste, lojale en gehoorsame gemeente wat met ywer en beslistheid aan die saak van die Here gebou het en wat vanweë haar koersvastheid die allerbeste uit haar leraar gehaal het."
Nuwekerk en Riviera duimnael|links|270px|Ds. Bezuidenhoud was van 1950 tot 1955 leraar van die Nuwekerk, Graaff-Reinet. Op 12 Augustus 1950 is ds. Bezuidenhoud in die Nuwekerk, Graaff-Reinet, bevestig. Op dié Karoodorp speel hy ’n vername rol in die Kerk en gemeenskap. Van die vorige jaar tot 1954 het hy gedien in die Sinodale Kommissie vir Studentebearbeiding asook in die kieskollege vir professore van die Kweekskool. Hy was kerklike verteenwoordiger vir godsdiensonderrig op skole in Kaapland, dosent in godsdiensonderwys aan die Graaff-Reinetse Onderwyskollege, scriba vir die Ring van Graaff-Reinet en lid van die plaaslike skoolraad, soos ook die geval was op Steynsburg en Dordrecht, lid van die Graaff-Reinetse kollegeraad en van die skoolkomitees van sowel die Hoër as Laer Volkskool. Hy was lid van kindersorg en van laasgenoemde drie dorpe se hospitaalraad.
Ook in Riviera, waar ds. Bezuidenhoud op 22 Januarie 1955 as medeleraar bevestig is, was hy aktief betrokke by talle liggame. Hy was voorsitter van die Ring van Eloffsdal, van die Ringskommissie en van die Boederkring, van die beheerraad van die Hoërskool Michael Brink en van die Laerskool Riviera se skoolkomitee. Hy was ook betrokke by die Christelike Maatskaplike Raad.
Barkly-Oos duimnael|links|170px|Ds. J.A. Theron was ds. Bezuidenhoud se voorganger op Barkly-Oos, maar die Ring van Burgersdorp het hom in Desember 1957 geskors weens 'n verhouding oor die kleurgrens. duimnael|regs|295px|Barkly-Oos se NG kerk is tydens ds. Bezuidenhoud se tyd vernuwe en opnuut ingewy. duimnael|170px|regs|Ds. Bezuidenhoud toe hy Barkly-Oos se leraar was.
Die kerkraad van die NG gemeente Barkly-Oos het ds. Bezuidenhoud die eerste keer in Februarie 1958 beroep. Hy het dit van die hand gewys, maar ná nog twee mislukte beroepe, beroep hulle hom op 24 Mei weer en neem dit die uitdaging aan. Hy is die laaste naweek in Augustus 1958 ontvang en bevestig. Die gemeente het die Bezuidenhouds Vrydagmiddag 29 Augustus op die Lady Greypad in gure weer gaan ontmoet. Op die dorp gekom, het die kerkraad in die sendingpastorie oor 'n koppie tee nader kennisgemaak met die nuwe dominee en sy vrou. Tydens die ontvangsgeselligheid daardie aand in die stadsaal het die konsulent, ds. J.E. Terblanche van Molteno, as seremoniemeester opgetree. Met ds. Bezuidenhoud se bevestiging die Saterdagmiddag het ds. Jannie Malan, sy medeleraar in Riviera, die rede uitgespreek. Hy het ook die roudiens daardie aand ter nagedagtenis van die pas ontslape eerste minister, adv. J.G. Strijdom, waargeneem. Dié Sondagoggend het ds. Bezuidenhoud in 'n stampvol kerk sy intreepreek gelewer na aanleiding van 1 Kor. 2:2: "Want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde."