Lynnwood Manor is 'n voorstad van Pretoria in Gauteng, Suid-Afrika. Dit is 'n goed-ontwikkelde gebied, en is ongeveer 12 km oos van die stadskern geleë. Lynburnweg en Daventrystraat vorm die hoofare, terwyl die N1-hoofweg, Lynnwood- en Glenwoodweg toegang bied. Die groen strook van Moreletaspruit vorm die oosgrens.
Gastehuise, 'n City Lodge hotel en die Lynnwood Bridge en Glenfair Boulevard inkopie- en sakesentra is hier geleë, benewens Sanlam-kantore. Aan die westekant is die Alkantrant-biblioteek aan Alkantrant-parkie geleë. In 2025 is 'n span permanente tuiniers in die parkie ontplooi, met daaglikse rommelverwydering nou deel van die roetine-instandhouding.
Die skilder J.H. Pierneef het aan die voet van Pierneefkoppie gewoon en gewerk, by wat tans as Pierneef's Kraal bekend staan, geleë te Knoppiesdoornlaan 30. Hy het hierdie plaashuis in die laat 1930's (ongeveer 1939) gevestig en dele daarvan self gebou. "Die Kraal", soos hy dit by tye genoem het, het as sy huis en ateljee gedien. Die terrein bevat steeds oorspronklike strukture en word tans 'n gastehuis en restaurant aangewend wat sy nalatenskap bewaar.
Toe dit in die 1960's gestig is, was dit die mees oostelike voorstad van Pretoria, maar die stad het sedertdien aansienlik oos- en suidwaarts uitgebrei. Saam met Brooklyn en Menlopark, is hierdie voorstede waarskynlik vernoem na hul Amerikaanse eweknieë. Vandag staan hierdie voorstede bekend as die "ou ooste" en spog met 'n paar van die stad se duurste wooneiendomme.
Kyk ook Atterburyteater
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Pretoria