Embalenhle is 'n groot township in die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit in Gert Sibande-distriksmunisipaliteit van Mpumalangaprovinsie, Suid-Afrika. Dit is net suidwes van Secunda en suid van Evander geleë.
Dit is gestig in die 1970s om as 'n slegs-swart woonbuurt te dien vir die naburige Secunda, wat op dieselfde tyd gestig is. 'n Aansienlike deel van die behuising in eMbalenhle is deur Sasol vir sy werkers gebou.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga