Die Suid-Afrikaanse Klas NG4 4-6-2T lokomotief is 'n Suid-Afrikaanse smalspoor tenklokomotief wat in die eerste dekade van die twintigste eeu in die Natalkolonie ontwerp is.

In 1911, nadat die Unie van Suid-Afrika gestig is, maar voordat die spoorweë van die voormalige kolonies heeltemal versmelt is, is twee 4-6-2T tenklokomotiewe wat gebaseer is op die NGR Klas N 4-6-2T namens die NGR bestel vir die 39 km Alfred County-lyn tussen Port Shepstone en Paddock. In 1912 en 1913 is nog vyf lokomotiewe van hierdie klas deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë bestel. Hulle is in 1913 en 1914 afgelewer.

Toe die eerste twee lokomotiewe na die Suid-Afrikaanse Spoorweë oorgedra is, is hulle as Klas NG4"NG" = "Narrow Gauge" geklassifiseer en hul nommers het 'n voorvoegsel "NG" gekry.Klassifikasie van S.A.S. lokomotiewe met hernommerlyste, uitgereik deur die Kantoor van die Hoofmeganiese Ingenieur, Pretoria, Januarie 1912, pp. 9, 12, 14, 34 (Herdruk in April 1987 deur SATS-museum, R.3125-6/9/11-1000)

Notas

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine