Die kerriebos (Hypericum revolutum) is 'n bosserige struik of klein boompie wat deel van die Hypericaceae familie is.
Voorkoms Die boompie is immergroen en is dikwels 'n pioneerspesie in woudkolle. Die boom groei verkieslik aan stroomoewers en woudrande op hoë hoogtes. Die boompie word 1 tot 3 m hoog. Die bas is rooibruin met hoekige takkies. Die blare is enkelvoudig, ellipties en blougroen. Hulle is by takpunte saamgebondel. Die blomme is heldergeel en pieringvormig met breë kroonblare. Die baie meeldrade is in die middel van die blom.
Verspreiding Die spesie is inheems aan Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Golf van Guinee-eilande, Jemen, Kameroen, Kenia, Malawi, Mosambiek, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Saoedi-Arabië, Soedan, Suid-Afrika, Suid-Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
In Suid-Afrika kom die spesie in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap voor.
Infraspesies Die spesie het twee infraspesies: Hypericum revolutum subsp. keniense (Schweinf.) N.Robson Hypericum revolutum subsp. revolutum
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 REDLIST Sanbi Plants of the World Online Biodiversityadvisor
Eksterne skakels
revolutum Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Jemen Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van die Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Saoedi-Arabië Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Suid-Soedan Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe