duimnael|Koedrinskajastraat 1, Moskou.
Die woonstelgebou op Koedrinskajaplein is een van die geboue in Moskou bekend as die Sewe Susters van Josef Stalin. Dit is deur Michail Posochin en Asjot Mndojants ontwerp en in 1954 voltooi.
Beskrywing Die wolkekrabber het 22 vlakke in sy sentrale deel en is 160 m hoog. Dit het ’n toring van 30 m bo-op wat in ’n vyfpuntster eindig. Die torings aan weerskante is laer. Dit was die laaste van die Sewe Susters wat gebou is en is minder ryklik versier.
Die woonstelle was aanvanklik bestem vir die politieke elite van die voormalige Sowjetunie, maar word tans bewoon deur welgestelde Russe.
Verwysings
Eksterne skakels Geboudata by emporis.com
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Sewe Susters (Moskou)