duimnael|Die Hilton Moscow Leningradskaya Hotel.
Die Hotel Leningradskaja is een van die neoklassieke geboue in Moskou bekend as die Sewe Susters van Josef Stalin wat in die vroeë 1950's gebou is.http://www.bonhams.com/auctions/20377/lot/3197/ Dit is nou amptelik bekend as die Hilton Moscow Leningradskaya Hotel.
Beskrywing Die hotel is in 1954 voltooi en is ontwerp om die indrukwekkendste luuksehotel in die stad te wees. Die trap het een van die langste ligtoebehoorsels in die wêreld – dit was voorheen in die Guinness World Records. Die gange van die boonste verdiepings het panele van donker kersiehout.
Die hotel het onder meer ’n restaurant, spa, skoonheidsalon, fiksheidsentrum, geskenkewinkel, vergadersale en ’n groot balsaal.Hilton Moscow Leningradskaya Hotel factsheet , Hilton Hotels, URL besoek op 12 Februarie 2012 Die toring van die gebou oorheers Komsomolskajaplein met sy drie ryk versierde treinstasies aan een van Moskou se sirkelpaaie. Dit is sedert 2008 deel van die Hilton-hotelgroep ná ’n groot restourasie van miljoene dollars.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Sewe Susters (Moskou)