duimnael|Borodinski-brug in Moskou en die hoofgebou van die departement van buitelandse sake in die nag.

Die hoofgebou van die Russiese departement van buitelandse sake is een van die neoklassieke geboue in Moskou bekend as die Sewe Susters van Josef Stalin wat in die vroeë 1950's gebou is. Dit is deur Wladimir Gelfreich en Adolf Minkoes ontwerp en in 1953 voltooi.

Beskrywing Die wolkekrabber het 27 vlakke en is 172 m hoog. Dit het ’n buitemuur van ligte stene met muurpilare en spantorings. Die binnekant is versier met klip en metale.

’n Metaaltoring bo-op die gebou laat die silhoeët ooreenstem met dié van die ander Sewe Susters; dit is vermoedelik deur Stalin gelas.Kiernan, Maria. Moscow: A Guide to Soviet and Post-Soviet Architecture, Ellipis, Londen, 1998, ble. 126, 127 Варзар, Л., «М. А. Минкус», М, 1982, bl. 66 Dit is tans die hoofgebou van die departement van buitelandse sake.

Verwysings

Eksterne skakels Geboudata by emporis.com

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Sewe Susters (Moskou)