duimnael|regs|300px|Lugfoto van Istanbul Park duimnael|300px|Draai 8 het spoedig die opwindendste draai van die baan geword.
Istanbul Park is 'n motorrenbaan in die dorpie Akfırat, oos van Istanboel, in Turkye. Die renbaan is op 21 Augustus 2005 geopen en het aanvanklik as die Istanbul Otodrom bekend gestaan. Die grootbaas van Formule Een, Bernie Ecclestone, het dit destyds "die beste renbaan ter wêreld" genoem.BBC Sport: Turkey to keep F1 race until 2021
Die hoofdoel van die baan is om die Turkse Grand Prix te huisves.
Fasiliteite Die hoofpawiljoen het 'n kapasiteit van 25 000 sitplekke vir toeskouers. Daarbenewens kan die natuurlike grondvlak en tydelike pawiljoene 'n totale kapasiteit van meer as 155 000 verskaf. Die kuipegebou is 'n tweevlakstruktuur; die grondvlak word deur wedrenspanne benut en die boonste verdieping dien as gasvryheidsgebied, met 'n bykomende kapasiteit van 5 000 sitplekke. Aan elke kant van die kuipeblok is daar twee 7-verdieping BBP-torings. Die baan en sy fasiliteite is ontwerp deur die bekende argitek Hermann Tilke, wie gesê het dat hy dit spesiaal ontwerp het om roekelose bestuurders te probeer uitvang. Die eerste Turkse Grand Prix het ook sekerlik 'n paar bestuurders van die baan laat tol gedurende die naweek.
Verwysings
Kategorie:Geboue en strukture in Istanboel Kategorie:Turkse Grand Prix Kategorie:Sport in Turkye Kategorie:Renbane