Ds. Marthinus Smuts Daneel (Heidelberg, Kaap, 27 Mei 1869 – 26 Junie 1937) was ’n predikant in drie gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, naamlik Calvinia van 1898 tot 1906, Fraserburg van 1906 tot 1914 en toe Victoria-Wes tot sy aftrede in 1934.

Volgens D.A. Kotzé kan van ds. Daneel gesê word "dat hy hom hart en siel beywer het vir die geestelike en tydelike belange, nie alleen van die gemeente nie, maar ook van dorp en distrik (Fraserburg) in die algemeen. Hy was 'n wakker leier op wie se beslissing die gemeente in tye van twyfel kon reken. Ds. Daneel was 'n man uit 'n stuk, 'n man wat wis wat hy wou."

Herkoms duimnael|regs|300px|Ds. Alexander Daneel en sy gesin met vakansie aan die strand by Witsand in 1880. Die naam White Sands word reeds in 1867 aangetref, maar ds. Daneel en sy gesin het eers omstreeks 1880 hul vakansies hier begin deurbring. Tussen die ou riethuisies en tente van die "strand gasten" het ds. Daneel die eerste huis gebou en baie dekades daarna het dit nog as die Ou Pastorie bekendgestaan. Marthinus Daneel moes toe 10 jaar oud gewees het en is waarskynlik die seun regs langs sy pa.

duimnael|links|180px|Ds. Daneel, hier afgeneem in 1896 as lid van Stellenbosch se eerste rugbytoerspan.

duimnael|270px|regs|'n Chemieklas aan die Victoria-kollege, 1890. Agter: H. Brincker, Jan Smuts, J.N. de Vos, H, Stroebel, F.S. Malan. Voor: P.C. Luttig en Marthinus Daneel.

duimnael|links|Ds. Daneel se ouers, ds. Alexander Berthin Daneel en Margaretha Louw, kort ná hul troudag in 1863.

regs|340px|duimnael|Ds. Daneel was lid van Maties se eerste rugbyspan van 1896 wat die eerste keer die Groot Uitdaagbeker gewen het; vandaar ook sy belangstelling in die bevordering van sport op Fraserburg. Hy sit links in die middelste ry. (Die latere ds.) C.V. Nel sit regs in die middelste ry. (Die latere ds.) P.K. Albertyn staan agter, vierde van links. Die kaptein, in die middel met die bal op sy skoot, is John Hofmeyr, later predikant van Somerset-Oos. Links van Hofmeyr sit Herman van Broekhuizen, later NG predikant van Kuilsrivier en Pretoria voor hy oorgegaan het na die Hervormde Kerk.

duimnael|links|320px|Die Holy Brigade, in 1896 die Victoria-kollege se heel eerste rugbytoerspan, so genoem omdat hulle nooit 'n druppel drank oor hul lippe laat gaan het nie. Agter: D. Kloppers, C.V. Nel, P.A. Bergh, H.D. van Broekhuizen, Paul de Waal, P.K. Albertyn, A.L. Hofmeyr, Ebbe Dommisse, C.A. Neethling, H.R. Kemsley. Middel: M.S. Daneel, H.J. Bergh, J.M. Hofmeyr (kaptein), D. Morkel, G. Chapman. Voor: A.M. McGregor, Piet de Vos, C. Gonin, P.A.M. de Vos.

duimnael|regs|190px|Ds. Daneel was die NG gemeente Calvinia se leraar van 1898 tot 1906.

links|170px|duimnael|Ds. Daneel se seun, (die latere ds.) George Murray Daneel, was in 2004 die eerste Springbok wat honderd jaar oud geword het. Hy het vir Maties se eerste rugbyspan en vir die Westelike Provinsie van 1925 tot 1930 gespeel, en vir Suid-Afrika in 1928 en 1931.

Ds. Daneel se moeder was Margaretha Johanna Louw (7 April 1846 – 1 Junie 1934 Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 26 September 2015.), 'n dogter van Johannes Wynand Louw (13 Desember 1820 – 13 Februarie 1873 Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 26 September 2015.) en Maria Elizabeth Smuts (28 November 1824 – 2 Oktober 1895 Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 26 September 2015.), en sy vader ds. Alexander Berthin Daneel, seun van Richard Daneel (19 Januarie 1814 – 13 Februarie 1859 Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 26 September 2015.) en Hester Aletta Smuts (16 Januarie 1813 – 25 Augustus 1887 Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 26 September 2015.). Ds. Alexander Daneel is gebore op 14 Februarie 1836 op die plaas moddergat in die distrik Stellenbosch, waarskynlik op sy Smuts grootouers se plaas, aangesien sy ouers dorpenaars was. Ds. Daneel sr. is in 1862 in die gemeente Heildelberg, Kaap, bevestig en het daar gebly tot hy op 22 Maart 1899 in die amp oorlede is. Margaretha en Alexander Daneel is op 7 Oktober 1863 in die huwelik bestig toe die bruid 17 jaar oud was. Die bruid se moeder was 'n niggie van die bruidegom se moeder.

In Margaretha Louw het ds. Alexander Daneel 'n eggenote gekry wat hom gedurende baie jare nie alleen getrou ter syde gestaan het nie, maar hom ook wonderlik aangevul het. Terwyl hy soms stug voorgekom het, was sy die minsaamheid self; terwyl hy die deftige waardigheid van die ouer geslag predikante in 'n volle mate gehandhaaf het, het sy gemeensaam met almal omgegaan; terwyl erns by hom oorweeg het, het sy 'n blye humorsin besit wat haar tot op hoë leeftyd gekenmerk het. Hul hoogs gelukkige huwelikslewe is met nege seuns en drie dogters geseën. Van dié egpaar se kinders het twee predikant geword: ds. Johannes Wynand Daneel (1865–1940), skoonseun en opvolger van eerw. Stephanus Hofmeyr in die Soutpansberge, en ds. Marthinus Daneel.

Ds. Daneel was die vierde van sy ouers se nege seuns. Sy sibbes was: Richard Hurtley, Michiel Nicolaas De Vos, ds. Johannes Wynand, Alexander Berthin, Maria Elizabeth du Preez, Magaretha Johanna, Pieter Michiel Daneel, Hendrik Daneel and Josias Ebenezer plus nog twee van wie die name onbekend is.

Ds. Daneel se eerste vrou was Charlotte Louisa Murray (16 Junie 1874 – 1 September 1916 Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 26 September 2015.), die dogter van ds. George Murray, wat ten tyde van haar geboorte op predikant was van die NG gemeente Willowmore. Vier van haar ooms aan vaderskant, onder wie ds. Andrew Murray, was ook predikant. Sy is oorlede op 1 September 1916 nadat sy die lewe geskenk het aan 10 kinders, van wie twee predikant geword het: Charlotte Louise, Alexander Bertin, ds. George Murray (1904–2004), wat agt keer vir die Springbokke uitgedraf het, Margarita Johanna, Catharina Johanna, Maria Elizabeth, ds. Marthinus Smuts, Frances and Lottie. Ds. Daneel se skoonmoeder en Charlotte Louisa Murray se moeder was Catharina Johanna Murray (geb. Louw, 23 Januarie 1852 – 22 Augustus 1942 Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 26 September 2015.), ’n kleindogter van Johannes Wynand Louw (12 Januarie 1786 – 15 September 1854 Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 26 September 2015.), en die vierde oudste van die sewe dogters van Adriaan Jacobus Louw (15 November 1811 – 7 Januarie 1877 Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 26 September 2015. van die Paarl wat almal met ’n predikant getroud was: 1. Maria (Miemie), getroud met prof. Nicolaas Hofmeyr; 2. Louisa Adriana (Wiesie) getroud met ds. Arend Hermanus Hofmeyr van Hanover; 3. Margaretha Johanna (Maggie) met ds. Johannes Rudolph Albertyn; 4. Catharina Johanna (Kitty) met ds. George Murray; 5. Johanna Hendrina met prof. C.F.J. Muller; 6. Charlotte met ds. J.C. Truter; 7. Susanna Maria met ds. P.G.J. Meiring. Dié sewe susters se broer was Tobias Johannes Louw (1850–1930), wie se seun Wynand Louw ’n bekend kerkargitek was.

Nadat sy eerste vrou in 1916 oorlede is, is hy getroud met Winifred May, gebore 6 April 1888 en oorlede 24 Desember 1969. Ds. A.P. Smit skryf egter in die NG gemeente Calvinia se eeufeesgedenkboek van 1947 ds. Daneel tydens sy 21-jarige dienstyd in die NG gemeente Victoria-Wes drie vroue aan die dood afgestaan en is oorleef deur sy vierde vrou en sewe kinders, almal uit die eerste huwelik gebore. Twee van die seuns het die vader se beroep gekies en predikant geword, naamlik ds. George M. Daneel en ds. Martinus S. Daneel (werksaam in Njassaland). 'n Derde seun was bestuurder van die drukpers van die NG Sending in Masjonaland, en een van die dogters het deur haar huwelik met ds. L.J. Heyns eweneens in die diens van die Kerk te staan gekom.

Kinderjare en opleiding duimnael|links|320px|Daneel was op Stellenbosch lid van die Unie-Debatsvereniging. Hierdie foto van die ampsdraers en joernaliste is in 1895 geneem. Agter: Cornelis Nel, J. Radloff, Andrew Rowan, M.S. Daneel en Christie Neethling. Voor: Dawie Mostert, Henri Gonin, D.F. Malan, E.T.F. Malan (voorsitter), C.H. Murray en George Rudman. Sover vasgestel kon word, het Nel, Daneel, Neethling, Gonin, D.F. Malan, Murray en Rudman predikant in die NG Kerk geword.

Marthinus Smuts Daneel het sy vroegste onderwys op sy geboortedorp ontvang het tot hy vir sy matrikulasie na Stellenbosch gegaan het. Ná aflegging van laasgenoemde eksamen, het hy aan die Victoria-kollege vir die B.A.-graad ingeskryf en o.a. veldmaarskalk J.C. Smuts onder sy medestudente en tydgenote getel. Aan die Kollege het hy hom as student sowel as sportsman onderskei. In laasgenoemde hoedanigheid is hy indertyd gekies as lid van die Suid-Afrikaanse rugbyspan wat in 1892 teen die eerste Engelse toerspan gespeel het. Een van sy jonger broers, Henry, was weer lid van die beroemde Springbok-rugbyspan wat in 1906 onder die kapteinskap van Paul Roos deur Groot-Brittanje getoer het. Marthinus Daneel het in 1891 en weer van 1894 tot 1896 vir die Victoria-kollege se eerste span rugby gespeel. Sy seun ds. George Murray Daneel het in sy voetspoor gevolg en van 1925 tot 1930 vir Stellenbosch se eerste span uitgedraf, vir die Westelike Provinsie in dieselfde jare en vir die Springbokspan in 1928 en 1931. George Daneel was predikant van Grahamstad van 1946 tot 1953 en voor die tyd betrokke by buitekerklike kerk en in die Tweede Wêreldoorlog ’n veldprediker. Nadat hy Grahamstad verlaat het, was hy tot in die jare vyftig by die Morele Herbewapeningsbeweging betrokke.

Nadat Marthinus Daneel 'n jaar lank in Transvaal onderwys gegee het, het hy na Stellenbosch teruggekeer om aan die Teologiese Seminarie vir predikant te studeer. In 1897 is hy tot die bediening toegelaat en daarna het hy 'n beroep na Calvinia aangeneem. 'n Jaar ná sy aankoms op Calvinia het hy in die huwelik getree met Charlotte Louise Murray, oudste dogter van ds. George Murray, destyds predikant van Oudtshoorn.

Op Calvinia Ontvangs en bevestiging Op 19 April 1898 het prop. Daneel, vergesel van di. Neethling en Murray (die bron meld nie hul voorname nie, maar dit was moontlik ds. J.H. Neethling en ds. George Murray, wat in 1899 prop. Daneel se skoonvader sou word), van Ceres vertrek op pad na Calvinia. Ná 'n vakature van byna twee jaar het die gemeente reikhalsend uitgesien na die koms van hul nuwe leraar. Sowat 60 rytuie het hom 'n ent buite die dorp tegemoet gegaan en verwelkom. Die gemeentesusters het die pastorie vooraf in gereedheid gebring en prop. Daneel en die besoekende leraars die naweek daarin onthaal. Die gemeente het in groot getalle opgedaag, want benewens die verwelkoming en ordening van prop. Daneel was dit ook Nagmaal. Die feesvreugde en dankbaarheid is daardeur verhoog dat deurdringende reëns pas uitgesak het en die langdurige droogte eindelik gebreek is.

Die ordeningsplegtigheid het die Saterdag plaasgevind onder leiding van die konsulent, ds. C.F. Leipoldt van Clanwilliam (vader van die digter C. Louis Leipoldt). Behalwe laasgenoemde en bogenoemde twee besoekende predikante, het ook nog ds. August Ahrbeck, tot 1893 van Prieska en twee jaar lank hulpprediker van Calvinia ná ds. Truter se vertrek in 1896, en die plaaslike sendeling, eerw. J. P. de Villiers, aan die handeoplegging voor die kansel deelgeneem. Die volgende oggend met Nagmaal het sowat 800 kerkgangers die ou kerk gevul Op versoek van die nuwe leraar het die skare opgestaan en die Heer vuriglik gedank vir die uitkoms wat die reën gebring het.

Bouwerk aan die nuwe kerk