Die gewone wildepietersieliebos (Heteromorpha arborescens) is 'n struik of klein boompie met 'n yl loof en neerhangende takke. In struikvorm is die takke oop. Die plant groei in klipperige heuwelhange en koppies. Die bas is kenmerkend koperbrons en wasagtig. Dit dop ook in papieragtige stukke af. Die blare is op verskillende wyses saamgestel en gee 'n aromatiese pietersieliegeur af wanneer dit fyngedruk word. Die gelerige blomme lok skoenlappers.

Die plant word in Suid-Afrika vir tradisionele behandelings gebruik. Die wortels word saam met melk of bier teen pyn aangewend. Die aktiewe komponent is 'n anti-inflammatoriese kumarien, 6,7-dimetoksi-2H-chromen-2-oon. Die boom se hout is baie sag en word deur die Xhosa's vir musiekinstrumente gebruik.

Verspreiding Die boom is inheems in Angola, Botswana, Burundi, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Jemen, Kenia, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Rwanda, Soedan, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Subspesies Die spesies het vier subspesies: Heteromorpha arborescens var. abyssinica (Hochst. ex A.Rich.) H.Wolff Heteromorpha arborescens var. arborescens Heteromorpha arborescens var. collina (Eckl. & Zeyh.) Sond. Heteromorpha arborescens var. frutescens P.J.D.Winter

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Jemen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe