Letsitele is 'n nedersetting in die Letabavallei van die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Dit val onder die beheer van die Groter Tzaneen Plaaslike Munisipaliteit wat onder die Mopani-distriksmunisipaliteit ressorteer.
Dit is 'n gebied wat uiters geskik is vir vrugte- en ander gewasboerdery, veral weens die warm klimaat en volop water vir besproeiing.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Gewasboerdery in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Limpopo