Die Roesski Mir-stigting (Russies: Русский мир, in Afrikaans "Russiese Wêreld") is ’n Russiese organisasie wat Russies in die buiteland bevorder, soortgelyk aan die Goethe Instituut vir Duits, Alliance Française vir Frans, Confucius-instituut vir Chinees en British Council vir Engels.
Werksaamhede Roesski Mir bevorder tans die Russiese taal en kultuur deur ’n netwerk van Russiese sentra in talle Europese en Asiatiese stede. ’n Mens kry hier toegang tot Russiese letterkunde, tydskrifte, leerprogramme, asook klank- en video-opnames. Verskeie geleenthede soos temaweke, konferensies, seminare en uitstallings word ook gehou.
In Duitsland was daar tot onlangs twee Russiese sentra: een in Neurenberg en een in Dresden.Russische Zentren auf der offiziellen Webpräsenz von Russki Mir In Junie 2014 het ’n derde sentrum sy deure in Hamburg oopgemaak.http://www.zeit.de/2014/22/russki-mir-kulturinstitut-in-hamburg Verskeie projekte word saam met die Bundesverband Deutscher West-Ost-Gesellschaften van stapel gestuur, onder meer die RussoMobil. Hierdie rondgaande biblioteek vervoer speletjies, boeke, tydskrifte en laserskywe in ’n pasgemaakte VW-bus wat skole dwarsoor die wêreld op aanvraag besoek en die Russiese taal en kultuur onderrig. Die RussoMobil besoek elke skooljaar 170 skole.Webpräsenz des RussoMobil
In Nederland is die Sentrum vir Russiese Stusies by die Rijksuniversiteit Groningen op inisiatief van die Roesski Mir-stigting gestig.Rijksuniversiteit Groningen: Centre for Russian Studies
Stigting en organisasie Roesski Mir word op 21 Junie 2007 in opdrag van president Wladimir Poetin in die lewe geroep.Verordnung des Präsidenten der Russischen Föderation Über die Bildung der Stiftung "Russki Mir" Dit is ’n gemeenskapsprojek van die Russiese departement van buitelandse sake en departement van onderwys en wetenskap. Roesski Mir word gefinansier deur die staatskas en skenkings. Aan die stuur is die politoloog Wjatsjeslaf Nikonof. Bekende Russe van die wetenskap en kultuur dien in die stigtingsraad, soos aartsbiskop Ilarion Alfejef en die hoof van die Hermitage, Michail Piotrofski.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webblad van Roesski Mir
Kategorie:Russies