Die NGR Klas I 2-6-2T tenklokomotief is in 1901 deur die Zululand Railway Company gekoop vir bouwerk op die Verulam-Tugelarivierspoorlyn en die nommer "1" gegee. Nadat die spoorlyn in 1903 voltooi is, is die lokomotief na die Natalse Regeringspoorweë oorgedra en die nommer 512 gegee en in 1905, saam met twee tenderlokomotiewe, ook van die Zululand Railway Company, as "Klas I" geklassifiseer.
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine