Die Drakensbergkransakkedis (Pseudocordylus subviridis) is 'n akkedis wat endemies is aan Suid-Afrika. Dit word aangetref in die Drakensberg, die Golden Gate, Naudésnek en Wakkerstroom. Dit is voorheen beskou as 'n subspesie van die Hoëveldkransakkedis (P. melanotus) wat in die oos-Vrystaat, Gauteng, en die binneland van noord en wes KwaZulu-Natal voorkom.

duimnael|links|'n Drakensbergkransakkedis in die uKahlamba-Drakensbergpark duimnael|links|'n Mannetjie Drakensbergkransakkedis

Voorkoms Die reptiel is middelgroot met 'n plat lyf en 'n groot driehoekige kop terwyl die skubbe op die stert stekelrig is. Die mannetjie is helderder as die wyfie en die sye is heldergeel. Die akkedis vreet insekte, spinnekoppe, bessies en blomme.

Bron Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012

Verwysings

Kategorie:Akkedisse